OP GOLGOTA - DEEL 2
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 12
9 Jan.2008   07:01
Daar aan die kruis het ‘n loflied verrys uit My bors wat op en neer gedein het soos wat EK probeer het om asem te skep. MY kindertjies, EK kon nie MY longe vol lug skep soos julle wat nou hier sit en lees nie. Dit was die mees verskriklikste pyne wat deur MY liggaam gegaan het en terwyl EK na asem gehyg het, het EK MYSELF besig gehou met ‘n loflied aan MY Vader met wie EK verenig is net daarna. Deur die kruis wat EK moes dra, was MY hande stukkend, omdat hulle die houte so ru as moontlik geskaaf het. In elke opsig het hulle die weg vir MY probeer bemoeilik, tot in so iets “kleins” soos die splinters wat in MY hande ingesteek het. Daar was hoegenaamd geen genade vir MY nie en julle moet ook geen genade van die bose en sy magte verwag nie. Nadat Ek in die lug gehys is, het die pyne dan ook vererger, deurdat EK gehang het aan MY skouers wat uit potjie gegaan het en daardie pyn sal enige iemand verstaan wat al so ‘n besering opgedoen het. Al verskil tussen MY en ‘n beseerde was dat EK die hele tyd tot MY dood aan MY skouers moes hang terwyl iemand wat so beseer is, dadelik deur iemand gehelp word. Die pyn van MY deurboorde hande en voete was so erg dat EK gevoel het EK raak duiselig, maar EK het aangehou met lof in MY hart. Die hoeveelheid bloed wat EK verloor het, was so baie dat niemand kon glo dat daar ‘n lewende mens was wat soveel bloed gehad het nie. Maar EK is die Verlosser en daarom het EK meer bloed gehad, sodat EK die hele mensdom wat dit wil gebruik, kon verlos het. MY bloed het tot diep in die aarde ingevloei waar dit ook daar verlossing gebring het. Julle sal baie dinge nie nou kan verstaan nie, maar soos wat julle siele meer rypheid verkry, sal julle dinge begin insien en verstaan. Daar is baie dinge rondom MY kruisiging wat vir julle nog duister is, maar EK sal alles vir julle opklaar en julle sal dit met julle harte verstaan en nie julle verstande, soos nou nie. Sien die beeldspraak hierin ook raak, want daarin lê baie waarhede versteek. Luister na MY stem in jou hart wat jou sal leer en jy sal baie meer verstaan as wat jy vroeër kon. Dink aan MY met liefde en julle oë sal oopgaan. En tot hiertoe oor MY kruisiging vir vandag. Gaan oordink hierdie paar dinge wat EK julle ingegee het vandag en EK sal die brood van die Lewe weer verder aan julle gee.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205