OP GOLGOTA - DEEL 2
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 39

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 39
21 Jan.2008 08:30
In die laaste paar hoofstukke het EK nie veel van MY kruisiging gesê nie, omdat EK baie belangrike dinge aan julle moes sê, maar vandag wil EK julle weer iets van MY kruisiging vertel. Julle almal weet dat Simon van Sirene MY gehelp het om MY kruis te dra, maar wat EK nie vermeld het nie, is dat hy maar ‘n baie klein mannetjie was. Hy kon nie MY kruis gehelp dra het nie, omdat hy vir daardie tyd ‘n redelike klein man was en nie baie krag gehad het nie. Daarom was dit aan hom toegesê as straf om MY te help, omdat hulle gedink het dat hy nie ‘n tree sou kon beweeg met die swaar las op sy skouers nie. Hulle het hulle gereed gemaak om lekker te lag vir die “armsalige swakkeling” wat MY moes help. MY kinders, groot was die verbasing toe Simon nie net MY ophelp en die kruis help dra nie, maar ook met tye het hy MY van die grond gelig en self gedra. Die soldate was buitengewoon kwaad hieroor en wou hom ook met swepe slaan, maar MY krag het hulle verhoed om dit te doen. Elke keer dat hulle wou slaan, is hulle met ‘n groot lamheid getref, net soos die keer toe hulle MY dogter, wat die sweetdoek aan MY gegee het, getref is. EK behoed díe wat MY dra en MY ‘n goeie daad bewys en hierdie mense het nie die reg gehad om MY Simon te slaan nie. Met groot krag wat EK aan hom gegee het, het hy MY en MY kruis opgetel en verder gedra tot waar hy My moes neersit en EK SELF verder moes stap. MY kinders, julle almal wat MY in julle harte dra en MY kruis opneem hoef nie groot van gestalte te wees om dit te kan doen nie. Dit is gewoonlik die klein mensies wat MY krag besit en wat daarmee allerhande wonders kan verrig. Moenie dink dat iemand wat klein is, niks uit homself kan doen nie, omdat die een wat MY krag besit, maak nie saak of hy groot of klein is nie, alles kan vermag. EK gee julle krag en nie julle sterk liggame nie. Kom na MY en EK sal julle van krag voorsien en jy sal die satan, wat baie sterker as jy is, kan verslaan. Die bose is magtig, maar EK is Almagtig en die een wat MY in sy binneste dra, is sterker as die hele helse leërmag saam. Julle kan MY hierin beproef en julle sal sien hoedat jy krag van MY ontvang om die stryd vir MY te stry. Dit sal EK vir julle almal doen wat MY in sy hart dra. Neem MY kruis op en jy sal sien hoeveel krag jy ontvang om alles, wat op jou pad kom, te dra.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205