OP GOLGOTA - DEEL 2
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 2
 5 Jan. 2008 07. 17
Daar was ‘n tyd dat EK tussen die mense rondgeloop het en wonders gedoen het en hulle genees het van al die siektes van die vlees en die siel. Daar was egter ook ‘n tyd dat EK MYSELF heeltemal onttrek het van almal en eenkant het EK en MY dissipels in ‘n afgeleë huis gaan bly, sodat EK MYSELF gereed kon kry vir die groot en bittere las wat EK sou moes dra. Deur die afsondering, het EK MYSELF versterk deur die hele tyd MY oog onophoudelik op MY VADER ter rig. Dit kan julle nie nou heeltemal verstaan nie, aangesien julle al verstaan dat EK en MY Vader Een was. Maar wees nie daaroor bekommerd nie, omdat alles vir julle duidelik gemaak sal word, soos Ons met die boek vorder. EK het MYSELF heeltemal onttrek en nie eers meer MY liggaam so baie met voedsel versterk soos in die verlede nie. Dit was om MYSELF te suiwer van alle dele wat nog in MY liggaam gesit het en wat moes uit, voor die groot kruis wat EK moes dra. EK het al ook aan julle gesê in die boek Die bevryding, dat julle julleself liewer moet weerhou van lekkernye en EK sê dit nou weer vir julle, omdat julle stryd en die kruis wat julle moet dra, ook baie naby gekom het. Lê liewer alles af wat vir julle lekker is en kom na MY in afsondering en versterk jouself met MY sodat jy staande kan bly en die stryd tot op die einde kan veg. Dit is nie iets wat EK julle vra, wat sommer is, omdat EK julle nie iets lekkers gun nie. Nee, dit is omdat EK weet wat vir julle voorlê, terwyl julle nog geen benul het nie. Dit gaan baie erg wees, MY kinders en julle kan dan nie bekostig om deur die bose sieledeeltjies in jou liggaam aangeval te word nie. Die bose sieledeeltjies manifesteer hulleself as siektes en wie kan ‘n stryd stry met ‘n siekte wat aan hom knaag? Wees MY gehoorsaam in alles en EK sal jou elke keer die regte weg aanwys. Wanneer EK julle ‘n ding verbied, is dit nie om dowe neute nie en EK sal julle ook julle plesier gun, maar in dit wat EK weet rein is vir julle. Werp alle onreinheid van julle af en kom na MY, sodat EK julle kan reinig en julle die stryd wat kom, sal kan stry en tot op die einde aan MY getrou kan bly. Die satan eis wat syne is en julle weet dat die materie die dood is. Satan is die dood en sal daarom ook syne van julle kom eis. Wanneer julle dan teveel bose sieledeeltjies in julle het, sal satan, wanneer die stryd op sy felste is, sy deel kom eis en dit sal julle dan verswak en julle nie in staat stel om die stryd tot op die bittereinde vir MY te kan veg nie. Weerhou jouself van die gebruik van teveel suiker en vermy elke lekkerny wat op die winkelrak te koop is en wat nie dien om jou te versadig nie. EK sal julle van spys voorsien in die tyd van nood , maar nie van sjokolade en roomys nie. Dit is iets wat julle liewer nou moet aflê, sodat julle nie belustig sal word op die verkeerde tyd nie. Kom na MY en EK sal jou help daarmee, want EK weet dat satan homself deeglik met julle versondig het, toe hy gesorg het dat lekkernye op die winkelrakke te voorskyn gekom het. Dit is nie uit MY uit nie en is nog ‘n rede dat die mense soveel siektes ondervind. Die bose sieledeeltjies in die lekkernye is uiters boos in hierdie tyd en wil julle graag onrein maak, sodat julle nie die stryd kan maak tot op die einde nie. Wees daarom gewaarsku en weerhou jouself noual daarvan, sodat EK jou met MY Brood kan versterk.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205