|
Die drie dae in die Tempel JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 9
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31. |
|
|
Hoofstuk 9
-
Maar Ek kyk die Romeinse Regter baie vriendelik aan en sê: “Jy is nou wel `n heiden, maar jy is regverdig, jy het `n suiwer hart en waarlik, wanneer die ware ryk van God nou na die mense op aarde toe sal kom, sal jy saam met jou hele huis nie as een van die laastes daarin opgeneem word nie! Maar wie daarin opgeneem word, sal salig wees en sal vir ewig die dood nie sien nie!”
-
Die Regter sê: “Hoe kan Jy vir my so `n belofte maak?”
-
Ek sê: “Niks makliker as dit nie! Want Ek sê dan dat Ek daardie WonderSeun baie goed ken en sy innigste vriend is. Wanneer Ek by Hom kom, sal Ek jou nie vergeet nie en Hy sal jou seën en Sy seën sal nie sonder gevolge wees nie!”
-
Hierop staan die Owerpriester baie kwaad op en sê: “Is daardie Seun dan `n God, dat Hy kan seën, asof Hy `n God sou wees?! Weet jy dan nie, dat slegs God kan seën en sy hoëpriester volgens die aanwysing van God drie maal per jaar?! Hoe praat jy van daardie Seun asof ook Hy `n mens en selfs sy hele huis kan seën?! Watter leraars moet daar by julle wees, dat hulle skoliere sulke onsin kan kwytraak!”
-
Ek sê: “Julle het self vir ons sulke leraars gestuur en indien die skoliere onsin praat, dan kom dit terug na julleself en so produseer die een onsin die ander! Maar indien dit wat Ek van die Wonderseun gesê het onsin is, naamlik dat Hy diegene wie Sy ware vriende is kan seën, waarom leer julle dan dat die ouers hulle kinders en die kinders aldag hulle ouers moet seën?
-
Noag was tog nie `n God nie en het hoogs vrugdraend sy twee seuns wat sy skaamte bedek het, geseën! Net so was ook die ou, blinde Isak geen God toe hy vir Jakob geseën het en vir hom die bynaam ‘Israel’ gegee het, wat beteken: ‘Uit jou sal voortgaan die volk van God!’ Was sodanige seën dan ook sonder vrugte?!
-
Maar indien jy in jou groot tempelhoogmoed sê en vra of daardie Seun `n God is, wat kan jy vir My sê, indien Ek vir jou sê: Ja, Hy is dit en Hy is dit met `n baie voller reg as wat van julle geskryf staan: “My Heer JaHWeH van die Skeppingsleërmag het gespreek met Sy God!” As julle dan in julle verwardheid God is, om watter rede kan daardie begaafde en vervulde Seun met so baie ware eienskappe geen God wees nie, waar Hy tog reglynig `n afstammeling van Dawid is?!
-
Maar wie God se woord hoor en daarvolgens doen, dié het die woord van God lewendig in hom en het selfs in sy hele wese `n lewendige woord van God geword en is dus in die gees uit God! Maar indien dit so is, wie kan sê dat die hele mens nie uit God is nie?! Maar is `n mens as hy in sy hele wese `n lewendige woord van God geword het, vervul met die Gees van God, nie `n God nie, aangesien die volwaardige Goddelikheid orals, sodoende ook des te meer in die mens, as God beskou moet word?!”
-
Die Owerpriester sê: “Watse strafbare, godslasterlike onsin het jy dan nou weer kwytgeraak. Net `n onsinnige dwaas kan so praat! Dit is `n breinlose redenasie, waaroor `n helderdenkende mens net hardop kan lag!” - Toe begin die Owerpriester self hardop te lag.
-
Maar Ek sê: “Hoekom sê jy dat dit onsin is? Indien dit onsin is, dan is julle hoëpriesters, ouderlinge en skrifgeleerdes self die oorsprong en die verspreiders daarvan, wat Ek netnou baie duidelik sal bewys!”
-
Die Owerpriester: “Hoe wil Jy, verwaande varkoppasser van Galilea, dit vir ons bewys?”
-
Ek sê: “Bring vir My die volkskategismus!”
-
Die Owerpriester vra: “En wat wil Jy daarmee maak?”
-
Ek sê: “Dit sal jy nog sien! Bring eers vir My die boek!”
-
Die boek word gebring en die Owerpriester sê: “Hier is dit! Wat wil jy nou daarmee maak?”
-
Ek sê: “Dit sal jy netnou sien!” - Ek maak die boek oop en vra vir die Romeinse Regter om by die plek wat Ek vir hom aangewys het, hardop te lees. Hy doen dit met opmerklike vreugde.
-
(Die Romeinse Regter:) “Wie God se woord hoor en daarvolgens doen, dié het God se woord lewendig in hom en het self in sy hele wese `n lewendige woord van God geword en is dus in die gees uit God. Maar indien dit so is, wie kan daar sê, dat die hele mens nie uit God is nie?! Maar as `n mens daardeur, dat hy in sy hele wese `n lewendige woord van God geword het, vervul met die Gees van God, is hy dan nie `n God nie, aangesien die volware Goddelikheid orals, sodoende ook des te meer in die mens, as God beskou moet word?!”
-
Hierop sê die Romeinse Regter: “Nou, dit is dan op een haar na presies dieselfde woorde wat die gerespekteerde Priester vroeër by Jou as varkoppasser tot onsin verklaar het. Nou word hierdie storie - soos ek dit agterkom - eers meer lewendig! Ek is nou tog te nuuskierig om te sien wat daarvan sal word!”
|
|
|
|
|