Die drie dae in die Tempel
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

Hoofstuk 13

  1. Na hierdie ernstige uitspraak van die Romeinse Regter het almal weer merkbaar onwillig na hulle plekke teruggekeer en het vir `n tyd lank geen woord gesê nie. Toe daar geen vrae meer aan My gerig wou word nie,
  2. tree Ek tussen hulle en sê: “Luister, aangesien julle geen vrae meer aan My wil rig nie, sal Ek so vry wees om vir julle `n klein vragie te vra: Sê vir My - maar wees heeltemal eerlik, wat sal julle doen as Ek dan tog die beloofde Gesalfde sou wees waaroor gister se hoofgesprek gegaan het!”
  3. `n Mislike, ou tempelseloot sê: “Seun, Seun, wees versigtig vir die Tempel van JaHWeH, wat redeneer en praat Jy hier op hierdie heilige plek! Weerhou jou van `n te groot oortreding!”
  4. Maar Ek sê vir hom: “Weerhou liewers jouself en julle almal daarvan dat julle die huis van JaHWeH nie in `n algehele moordkuil verander nie! Maar deurdat Ek gevra het wat julle sou doen as Ek per slot van sake tog die beloofde Gesalfde sou wees, besoedel Ek beslis nie die Tempel nie, aangesien so `n vraag deur enige mens sonder enige sonde en skaamte aan julle gerig kan word! - En julle kan tog vir My ook `n voorwaardelike antwoord gee, net soos Ek vir julle `n voorwaardelike vraag gevra het!”
  5. Hierop staan die ou taalkundige en groot kabbalis met die naam van Joram op en sê: “By God is alle dinge moontlik; tog moet ons mense meer op ons hoede wees en so `n bo alles belangrike belofte eers as waar aanneem wanneer al die omstandig­hede van die vervulling van die belofte met die Skrif ooreenstem, so duidelik dat dit met die hande tasbaar gevoel kan word voor elkeen se verbasende oë.
  6. Nou Jy, my dierbare Seun, het wel gedeeltelik met betrekking tot Jou geboorte, `n paar verse in die profeet Jesaja van toepassing gemaak: maar wat het dié profeet nie van die beloofde en komende Gesalfde nog alles geprofeteer nie, wat net so min op Jou van toepassing is soos op my, ofskoon ook ek `n afstammeling van Dawid is en ook verlangs aan Jou vader Josef verwant is. Ek het ook die meeste daartoe bygedra dat die tempelmeisie Maria, sy vrou geword het.
  7. Ek het daardie baie aangename egpaar vir meer as elf jaar nie meer gesien nie en vir Jou as die eersteling uit Josef se tweede huwelik nog nooit nie. Ek weet dus net soveel van Jou af as wat ek gister uit Jou mond en van die Leviet Barnabé, wat ook in Násaret woon, verneem het.
  8. Nou ja, Jou besondere vaardighede wat, volgens betroubare berigte, alles wat nog ooit deur die volmaakte wils- en geloofsmag as `n wonderwerk gedoen is, hemelsbreed oortref, is natuurlik van so `n aard dat `n mens daarvolgens kan oordeel dat die eienaar daarvan `n heel besonderse doel sal moet vervul. Daar kan egter nog lank nie klaarblyklike sekerheid wees oor wat enigiets daarvan kan beteken nie, alhoewel niemand as helder denkende mens of priester dit sondermeer kan ignoreer nie.
  9. In elk geval sal die Gesalfde ook net soos ons `n mens wees, slegs sy eienskappe en vaardighede sal van God wees. Nou, wat Jou eienskappe as kind betref, is hulle alreeds van so `n gehalte dat iets ongelooflik verwag kan word wanneer Jy eers volwasse sal wees. Maar sien, ek is reeds `n baie ou man en het baie ondervinding opgedoen en ek het al dikwels by die teer jeug vaardighede ontdek waar daar vir my gesê is: In hierdie of daardie Seun het JaHWeH klaarblyklik weer vir ons `n groot profeet gestuur! - Helaas, wanneer sulke kinders dan ouer en ouer word, het hulle almal hulle wonderbaarlike eienskappe verloor, asof dit nooit teenwoordig was nie en die mens word net so doodgewoon soos ek, wat net dit weet wat ek moeisaam en met ywer deur die baie jare geleer en ondervind het!
  10. Met my, soos met tallose ander mense, het die Skrif homself waar bewys: “In die sweet van jou aangesig sal jy jou brood eet!” En dit sal dalk ook met jou, my dierbare neef, nog so gaan - dalk ook nie, want ons mense kan so iets nooit verseker vooruit bepaal nie. Die mens dink wel oor sekere dinge, maar God gee rigting daaraan! - Nou, my liewe, dierbare jong neef, kan Jy weer iets sê en ek sal Jou graag antwoord!”
  11. Ek sê: “Uit julle hele groep is jy vir My die mees aangenaamste en jy het verlede nag reeds vir My by die Owerpriester `n goeie en suiwer woord gedoen, waardeur die Owerpriester se oë met betrekking tot die persoonlikheid van die Satan `n bietjie oopgegaan het, sodat hy ten minste - en dit vir die eerste keer in sy hele lewe - `n sweempie van die baie belangrike ooreenkomsleerstellings verkry het en daardeur begin het om in te sien dat dade soos wat deur My verrig word, onmoontlik met die hulp van `n bose mag en krag tot stand gebring kan word!
  12. Jy sien dus hieruit dat dit wat jy tog so stil en in die geheim met die Owerpriester gepraat het, ook nie vir My verborge gebly het nie, en so kan jy vir jouself dink dat Ek nou presies weet wat die baie verleë Owerpriester aan dink. Hy het `n groot vrees dat hy as gevolg van sy sondes deur My verraai sal word. Maar dié vrees is onnodig.
  13. Ja, as Ek met die hulp van Satan My dade uitgevoer het, dan sou hy al lankal verraai en ook geoordeel gewees het, maar aangesien Ek al My werke slegs met die krag en mag van God in My verrig, wat vir ewig slegs die suiwere en nooit die bose/besoedelde wil is nie, het die Owerpriester ook nie nodig om vir My bang te wees nie - want deur My sal geen haar aan hom beskadig word nie!
  14. Maar ons het nou ons tyd met baie onnodige dinge weggepraat en die eintlike hoofsaak met sy gevolge eenkant gesit!
  15. Hierop vra Joram: “Waaruit bestaan dit dan nou eintlik? Praat Jy nou maar na hartelus en ons sal billik met ons oordeel wees, aangesien ons in Jou ook baie billikheid raakgesien het!”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205