Die drie dae in die Tempel
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

Hoofstuk 17

  1. Maar Ek sê: “Om aan julle te toon watter mag daar tot My beskikking is en om julle vrees vir hierdie onnatuurlike dier weg te neem, sal Ek gebied, dat dit net so moet vergaan, soos wat dit ontstaan het!”
  2. Daardie selfde oomblik raak die dier weg, sodat daar nie `n enkele haartjie van hom oorgebly het. Daaroor was almal nog meer verbaas en hulle het nie geweet wat hulle daaroor moet sê nie.
  3. Slegs die baie hartlike Romeinse Regter sê: “Nee kyk, my liewe Seun, in Jou moet óf Zeus of `n ander hoofgod inwoon! As Jy wil, kan Jy `n natuurlike dier of ook die bestaan van `n mens tot niet maak?”
  4. Ek sê: “O ja, nie net dit nie, maar ook die hele aarde! Maar My plan wat niemand nog ooit leer ken het nie, is om alles te behou en om niks te vernietig nie. Maar sodat jy self kan sien dat Ek nie `n ydele grootprater is nie en dat Ek ook in staat is om dit wat Ek sê, uit te voer, bring vir My `n klip hiernatoe, so groot en swaar soos wat julle wil, en plaas dit op die tafel!”
  5. Onmiddellik word daar `n oor die 100 pond swaar en baie harde klip gebring en met moeite op die tafel geplaas. Toe die klip daar lê,
  6. sê Ek daarvoor: “Los op en verander jouself in die oorspronklike eteriese elemente!”
  7. En die klip verdwyn, sodat daar ook nie `n sonstofdeeltjie daarvan oorgebly het nie.
  8. Toe sê die Romein: “Dit, my agbare vriende, kan net God doen, maar nie `n mens met groot talente nie! Ek het nou tot die besef gekom dat dit baie beter is om met Jou, my dierbare Seun, in beste vriendskap te staan as om Jou vyand te wees.
  9. Wat sou die baie legioene van die dapperste Romeinse soldate van nut wees teenoor Jou?! Want Jy wil net en hulle deel dieselfde noodlot as hierdie klip, en is binne `n oomblik van Jou wil nie meer hier nie, maar opgelos in lug en eter! En sodoende verklaar ek dat Jy onfeilbaar `n ware Gesalfde van Jou volk is en dat geen mag ooit met Jou in `n nuttelose geveg moet gaan nie!”
  10. Ek sê: “Daaroor moet jy as Romein jou tog nie grys hare laat gee nie! Want Ek het nie in hierdie wêreld gekom om Myself tot `n wêreldvors te verhef nie en om vir die Judeërs `n aardse ryk te stig nie, maar slegs om die ryk van God van lewe te bring na alle mense wat `n suiwere wil het, en om die ryk van Satan te vernietig, wat die dood op aarde is! Daarom sal elke aardse ryk goed kan bestaan en wel op die beste wyse wanneer dit ook die ryk van God, wat Ek op aarde sal skep, sal aantrek!
  11. Daarom moet elke vrees wat julle vir My mag uit God het verdwyn, want Ek sal onderdanig aan julle bly tot die omskepping van My liggaam, wanneer Ek sal terugkeer daarheen waarvandaan Ek gekom het. - Maar nou wil ons ten slotte op hierdie dag nog twee woorde van naderby belig!”
  12. Vol blydskap sê ook Barnabé: “Nou, alle lof aan JaHWeH! Slegs nog woorde maar geen wonderwerke nie - want `n mens word baie angstig daardeur!”
  13. Ek vra vir hom: “Waarom angstig? Jy het tog al dikwels met verbasing na Persiese en Indiese en Egiptiese wonderwerke gekyk en jy het nog nooit angstig geword nie; hoekom dan nou?”
  14. Barnabé sê: “Omdat almal van hulle vir my op `n begryplike manier uitgevoer is, terwyl dié van Jou op niks anders as die mag van Jou wil gebaseer is nie! En dit is `n geweldige onderskeid!”
  15. Ek sê: “Nou wel, daarop moet Ek tog nog aan jou `n opmerking maak, voordat Ek op die verduideliking van die twee woorde sal ingaan!”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205