Die drie dae in die Tempel
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 30

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

Hoofstuk 30

  1. Hierop het een van die ouderlinge opgestaan en gesê: “Nou wat weet Jy dan van die verste pole van die aarde?! Kom vertel my iets daarvan, want ek het al van `n Griek wat ver gereis het, iets daarvan hoor praat.”
  2. Ek sê: “Ek dra nie net kennis van die pole van die aarde nie, maar Ek ken ook al die ewige wye pole van al die hemele van God! Maar om jou dit te laat begryp, sal Ek ten minste vir `n duisend jaar jou onderwyser moet wees! Omdat dit nie gedoen kan word nie; sê Ek dus vir jou iets heel anders:
  3. Diegene wat eendag in My leerstellings sal wandel, aan hulle sal Ek My Gees gee wat hulle tot ware kinders van God sal maak en wat hulle sal lei in alle Waarheid en Wysheid en in die hele geestelike en natuurgebonde oneindigheid sal daar niks wees wat vir hulle vreemd sal wees nie!
  4. Wanneer jy `n student van My boodskap geword het, sal jy ook die gawes van die Gees van God smaak en jy sal die pole van die aarde beter verstaan as wat jy dit tot nou toe verstaan het!”
  5. Die een wat die vraag gestel het, het met hierdie antwoord van My groot oë gemaak en My woorde onthou, want hy was nog nie baie oud nie, maar een van die wyses onder die ouderlinge. Die titel "ouderling" het `n baie jong mens ook soms verkry, wanneer hy die vereiste vermoë daartoe gehad het, dit is as hy genoeg goud en ook voldoende verstand besit het! En hieraan het die vraer geen tekort gehad nie. - Sy naam was Nikodémus, wat, later toe Ek met My werksaamhede begin het, in die geheim en in alle erns `n student van My geword het, soos wat dit nou alreeds bekend is.
  6. In die geheim het hierdie ouderling al My woorde diep in sy hart weggelê en baie daarop ag geslaan. Hy het van sy sitplek af opgestaan, na My toe gekom en baie vriendelik My hande gedruk en in die geheim vir My gesê: “Liewe, dierbare Wonderseun, wanneer Jy weer eendag na Jerusalem toe kom, kom besoek my alleen en ons sal maklik met mekaar regkom! En indien Jou ouers iets benodig, dan moet hulle net met my kom praat! My naam is Nikodémus.”
  7. Ook Ek het net so vriendelik sy hande gedruk en gesê: “Wanneer jy eendag na Násaret toe kom, dan sal jy van al jou kollegas die enigste een wees wat My sal vind. En wanneer jy iets kortkom, kom dan net na ons toe en Ek sal jou met alles help wat jy ooit sal benodig! Trouens beskou Ek jou suiwer wil reeds as die daad.
  8. Maar aangesien jy `n blywende voorsitter van alle inwoners van Jerusalem is, moet jy ook daarop let dat daar van die kant van die hoogs heerssugtige Owerpriester, wat aan My nie eer wou betoon nie, nie te kwaai verdrukkinge in en om die Tempel beoefen word nie en Ek nie genoodsaak word om die oordeel oor hierdie stad voor die tyd te laat kom nie.
  9. Dink aan My! My Naam is Jesus ImmanuEl en My Gees heet JaHWeH van die Skeppingsleërmag! Nou weet jy waarmee jy te doen het! Vertrou en bou op My en jy sal die dood nie sien nie!”
  10. Toe Nikodémus hierdie woorde van My verneem het, was hy in die geheim baie bly in sy siel, maar vir sy kollegas het hy niks daarvan laat agterkom nie.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205