Die drie dae in die Tempel
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

Hoofstuk 18

  1. (Die Jesuskind:) “Dit is nou presies twee jaar gelede wat jy in Damaskus was. Gedurende daardie tyd het sewe-en-twintig towenaars uit Indië gekom. Hulle het groot aankondigings gemaak, hoe hulle op die derde dag na nuwemaan die mees buitengewone wonderwerke in die groot laan buite die stad sal verrig.
  2. Onder die baie aankondigings was daar ook die volgende: “Vyf van die hooftowenaars sou bloot met hulle klein vingers, sonder enige fisiese krag, `n 1000 pond swaar en oor die sewe skoene diep in die aarde - dus die helfte van sy lengte - geplaasde paal uittrek en dit dan ook vir etlike oomblikke lank in die lug laat sweef. Dieselfde sou hulle ook doen met `n klip wat oor die 10,000 pond geweeg het en wat nie `n haarbreedte deur 300 sterk mans verskuif kon word nie. Ten slotte sou `n dooie kameel vir etlike oomblikke lank volkome lewendig gemaak word en sou `n afbeelding van klip ook vir etlike oomblikke lewendig gemaak word.”
  3. Op grond van hierdie aankondiging was byna die hele Damaskus daar op die betrokke dag in die groot laan teenwoordig om die aangekondigde wonderwerke te aanskou. Jy was een van die eerstes in die nabyheid van die towenaars en het alles baie goed gesien en was uitermate verbaas oor alles.
  4. Die baie voorafgaande toertjies was alreeds aan jou bekend, maar toe die laastes met verrassende akkuraatheid uitgevoer is, toe het jy jou mond en oë ver oopgemaak, jy het jou hande bokant jou kop saamgeslaan en hardop gesê: “Dit is ongehoord - nog nooit was daar so iets gewees nie! Dit kan nie mense wees nie, dit kan net gode wees wat aanbid moet word!”
  5. Jy het natuurlik jou opmerking ter wille van die baie hooggeplaaste heidene gedoen, wat sterk teenwoordig was by daardie uitvoering; maar self het jy aan die Satan gedink, daarom dat jy ook so angstig geword het!
  6. Maar nou sê jy dat jy ten aanskoue van My wonderwerke ook angstig geword het! - Watter onderskeid maak jy dan tussen My wonderwerke en dié wat jy twee jaar gelede in Damaskus gesien het?”
  7. Barnabé het toe baie verleë geword en eers na `n rukkie sê hy: “Maar sê vir my, my dierbare onbegryplike Seun, hoe kan Jy dit tog weet?! Jy was tog nie self gedurende die tyd in daardie stad nie en soos wat ek bewus was ook niemand anders uit Jou omgewing nie! Behalwe vir `n paar kollegas in die Tempel, het ek ook niemand anders van daardie buitengewone wonderwerke vertel nie. Hoe weet Jy van my diepste verborge geheime ondervindinge?”
  8. Ek sê: “Wees net rustig daaroor - Ek weet van alles, daarom word niemand ooit `n remskoen opgelê nie, maar elkeen is en bly vry om die wet te gehoorsaam of om daarteen te wees. Die gevolge hang nie van die mag van My wil af nie, maar van die orde en heiligheid van die gegewe wette in die natuur sowel as van dié in die sfeer van moraliteit van mense ondermekaar.
  9. Maar hoe en waarvandaan Ek sulke dinge alles kan weet, is ook `n geheim waaroor die wêreld eers na twintig jaar `n Lig gegee sal word, so ook oor al My ander wonderwerke. Indien julle glo dat die Gees van die Gesalfde ten volle in My woon, dan sal julle binnekort kan begryp hoe en van waar sulke ongesiene vaardighede My eie is. Maar indien julle dit nie kan aanneem en glo nie, dan moet julle die voorheen genoemde tyd wag! Dan sal julle dit wel begryp, maar nooit om My na te aap nie!”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205