Die drie dae in die Tempel
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

Hoofstuk 4

  1. Ek sê : “O ja, dit wat jy nou heel goed gestel het, het Ek al lankal geweet en jy kon vir jou egter die groot moeite gespaar het om dit vir My te vertel. Ek bly nou eenmaal daarby staan en laat ons die maagd Maria nie uit die oog verloor nie!
  2. Waarom sê dan die profeet (JehaJaH9:5-6): “Daar is `n kind vir ons gebore, `n Seun is aan ons gegee, wie se heerskappy op sy skouers is en Hy heet: Wonderbaarlik, Raad, Krag, Held, Ewige Vader, Vors Van Vrede; sodat Sy heerskappy groot word en die vrede geen einde het op die troon van Dawid en in sy koninkryk nie, dat Hy dit voorberei en versterk met die oordeel en geregtigheid van nou af tot in ewigheid! - Dit sal die ywer van JaHWeH van die Skeppingsleërmag doen.”
  3. Wie is die kind en wie is die Seun wat vir ons gegee is? Kon dit tog nie daardie Seun wees wat in Bethlehem in `n stal gebore is nie? Want dit lees ook: “Te Bethlehem in `n stal sal vir Juda `n koning gebore word; Hy sal `n nuwe ryk stig, wat vir ewig geen einde sal hê nie!” - Hoe verstaan jy, Kabbalis, dit nou alles?”
  4. Verward kyk hulle vir mekaar en sê: “Maar van waar het hierdie Seun dan die Skrif op so `n manier sy eie gemaak? Daar bestaan in geheel uiters weinig afskrifte en skaars tien wat volkome is. Ons weet waar hulle is en geen leek kom in hulle nabyheid nie. Die Samaritane besit nou wel `n elfde afskrif, maar dit is vervals en bevat baie toevoegings wat suiwer oosterse versinsels is.”
  5. Hierop vra `n byterige priester vir My: “Nou antwoord Jy my op dit wat ek aan Jou gaan vra: Waarvandaan en van wanneer af het Jy so `n volledige kennis van die Skrif en vernaamlik die profete Jou eie gemaak?”
  6. Ek sê: “, Jy het net so min die reg om dit vir My te vra, as wat Ek vir jou kan vra waarom jy as priester die Skrif nog glad nie jou eie gemaak het nie - hetsy in woorde en nog baie minder in dade! Antwoord My wat Ek vra en waarvoor daar vir jou betaal is! Oor al die ander dinge hoef jy jou weinig of selfs glad nie te bekommer nie, want vir jou het dit niks gekos nie, hetsy aan moeite of tyd en nog minder aan die allergeringste bekommernis of enige ander offer nie.
  7. Dit kan trouens julle geleerde amptenary in Jerusalem hoegenaamd nie tot eer strek dat die insigvolle opvoeding van `n Seun uit Galilea so `n groot bewondering afdwing nie, want daardeur wys julle vir almal dat julle kinders hier met betrekking tot hul opvoeding skaars bokant die diereryk staan!”
  8. Op hierdie bietjie dik aangemaakte opmerking van My begin die Romeinse kommissaris hardop te lag en ook Simon kan sy glimlag nie heeltemal wegsteek nie. Maar die byterige priester staan op en gaan sit vol verdriet op `n bank in die agtergrond.
  9. Daarop sê `n hooggeplaaste van die sinagoge in Bethlehem, wat ook in die Tempel by die kindereksamen teenwoordig was: “Ek kan reeds sien dat ek moet begin om hier raad te gee, andersins sal ons nie met hierdie Seun regkom nie! Hy het nou die gekoopte reg om ons vir `n week lank vrae te vra en ons moet dit aan Hom toestaan, of ons dit nou wil of nie! As Hy ons alreeds met Sy eerste vraag so baie probleme gee, wat kan ons verwag wanneer Hy met sy volgende en met Sy hoofvrae vorendag kom!
  10. Verstand het Hy genoeg en `n groot hoeveelheid humor ook en ons sal nie met Hom regkom nie, indien ons nie dit wil wat Hy wil nie. Hy wil nou eenmaal die ware verloop van die gebeure hê aangaande die geboorte van `n Seun twaalf jaar gelede in `n skaapkraal by Bethlehem. Dit kan ek vir Hom gee, aangesien ek destyds, soos vandag nog steeds, die hoof van daardie sinagoge is!”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205