Die drie dae in die Tempel
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

Hoofstuk 10

  1. Die Owerpriester het op grond van hierdie stukkie leeswerk baie kwaad geword.
  2. Maar Ek sê: “Nou jy, sodanig hooggeleerde opperhoof van die Tempel, het Ek hierdeur nie die mees duidelikste bewys gelewer dat, indien dit wat Ek vantevore gesê het, onsin is - maar wat dit nie is nie - julleself juis die vervaardigers en verspreiders van hierdie onsin is?! Maar indien Ek daardeur `n onwaarheid gepraat het, kan jy My onmiddellik `n oorveeg vir My voorbarigheid gee! Maar jy sal dit beswaarlik kan doen, omdat jy dit, wat in julle volkskategismus geskrewe staan, onmoontlik as onsin kan verklaar! Maar nou wil Ek van jou af die rede verneem waarom jy dit dan voorheen gedoen het! - Ek het gepraat, nou praat jy!”
  3. Die Owerpriester maak nou `n belaglike gesig en was sigbaar en in die hoogste graad uiters verleë oor `n antwoord.
  4. Toe staan daar onmiddellik `n ander skrifgeleerde op en sê: “Sy hoog vererende Heerlikheid het Jou daardeur net op `n warm proef geplaas, om uit te vind of Jy die volkskategismus deeglik ken, terwyl Jy dit self, om Jou saak te steun, nadergetrek het. Laat staan die saak en laat ons liewer van iets heel anders praat! Want by hierdie heen en weer stryery word daar tog niks gewen nie!”
  5. Ek sê: “Sien, hoe slim wil jy graag wees as jy kon! Jy wil die Owerpriester nou graag uit die moeilikheid help, waarin hy homself tot oor sy ore en oë toe gedompel het; maar dit is nou nie meer moontlik nie!
  6. Ek weet dit net al te goed, waarom hy nie vir My die rede sal gee nie, waarom hy dit by My onsin genoem het, maar wat hy as Owerpriester die beste behoort te weet en wat in die volkskategismus vir ieder en elk se oë geskrewe staan; Maar omdat hy dit nie geweet het nie, het hy dit as onsin afgemaak - en tog is hy tegelyk `n hoëpriester, `n skrifgeleerde en ouderling!
  7. Die gedenkwaardigheid van die saak is net dit, hoe `n mens in hierdie tyd `n hoëpriester kan word en dink dat hy met die Gees van God vervul kan wees sonder om eers die woord van God net uiterlik te ken nie! Is dit dan nie gebruiklik en `n gebod dat elke hoëpriester wat op die stoel van Moshé en Aäron sit, die Skrif volledig in al sy dele moet ken nie, sodat hy aan elkeen wat enigsins oor iets twyfel, `n korrekte antwoord kan gee nie?!
  8. Maar watter antwoord kan hy iemand gee, hy wat nie eers die baie verkorte weergawe van die volkskategismus ken nie en sodoende `n bespotting en regverdige ergernis vir elke ware en ywerige Judeër word deur dit uit eie onkundigheid as onsin te beskou, dit wat elke kind van Juda tog uit die volkskategismus moet weet, andersins kan hy nie deur `n eerlike meester in `n ambagsopleiding opgeneem word nie!”
  9. Toe waarsku `n ander ouderling My dat Ek ag moet slaan daarop wie en wat `n hoëpriester is.
  10. Maar Ek sê: “Indien Ek die volle waarheid praat, kan ek ooit `n ware mens daardeur beledig?! Sê dit self, of dit wat Ek hier praat, nie in die Skrif van Moshé geskryf staan nie en of die saak nie so staan soos wat dit baie duidelik aangetoon is nie!
  11. Ongelukkig word hooggebore mense nou nie meer volgens hulle geestelike vermoë nie, maar slegs volgens hulle aardse rykdom tot die hoogste amp bevorder, waar hulle dan gewoonlik geestelik nog armer, maar materieel gesien nog ryker word! Maar sê dit self, of dit ook voor God geregverdig is!?
  12. Ja, dan kan `n mens dit maklik begryp waarom daar beswaarlik `n antwoord oor die koms van die beloofde Gesalfde verkry kan word, indien hulle, wat tog eerste daarvan iets moet weet, met die Skrif so onkundig is soos mense wat van die bestaan van `n Skrif uit die Gees van God deur Moshé en ander profete hoegenaamd geen kennis dra nie, maar nog steeds heel bo en breed op die stoel van Moshé en die profete sit!
  13. Hulle self weet van God en sy woord weinig of niks en nog minder van die lewendige woord van JaHWeH in die mens, waardeur hulle self `n God moet word volgens hulle eie selfgemaakte volksonderrig riglyne! Wat sê jy dan, Romeinse Regter, as `n ongelowige vir sulke dinge en omstandighede?”
  14. Die regter sê: “Ten opsigte van al hierdie dinge kan Ek net sê dat Jy reg is. Want hier tussen die mure en die afgeslote saal kan Jy eindig, soos wat Jy wil, net in die openbaar voor die volk sou so iets natuurlik nie van pas en selfs skadelik wees - maar wat Jy ook nie sal doen nie, omdat Jy `n veels te ordentlike Seun is en die nadelige gevolge vir hierdie tyd self sal kan insien! - Maar nou gaan ons na die aandete! Jy en Simon is vandag en môre my gaste!” Daarop het die Regter die vergadering verdaag en het dit vir die volgende dag weer ingestel.
  15. Maar in die nabyheid van die Tempel was daar `n groot herberg, waar ons `n goeie aandete geniet het en waar ons onsself vinnig tot rus begewe het.
  16. Hierdie herberg was ook deel van die Tempel en is deur die bediendes van die Tempel bedien. Enige reisiger wat in dié herberg oorgebly het, vir hom was dit gereken, asof hy in die Tempel self gebly het. `n Mens kon ook in die Tempel self bly, maar moes dan dubbeld soveel betaal en het niks anders as brood en water gekry om te geniet nie. Wanneer Ek dit sê, dat Ek drie dae in die Tempel was, dan moet hierdie tempelherberg daarby ingereken word.
  17. Dit het goed gegaan met ons drie in die herberg; elkeen het rustig gaan slaap.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205