Die drie dae in die Tempel
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

Hoofstuk 22

  1. Hierop sê die Regter: “Maar Jy, goeie dierbare Seun wat uit die hemele gekom het! Jy is dan nou alreeds meer wys as al die wyse mense wat nog ooit op aarde geleef het! Wat sal nog van Jou word?! - Ja, Jy is `n regte Gesalfde (bemiddelaar tussen God en mens), want nog nooit het `n wyse mens die verskille tussen materie, siel en gees so duidelik gemaak en dit met so min woorde soos wat Jy dit nou gedoen het nie! Waarlik, hierdie kundigheid verdien selfs `n beloning; want so iets was daar nog nooit gewees nie!”
  2. Ek sê: “Laat dit daar, edele vriend! Watter beloning kon jy My nou ook gee wat Ek nie onmiddellik duisendvoudig aan jou kon teruggee nie?! Waarlik, Ek sê vir jou, wie aan een van sy behoeftige medemense uit ware, suiwer liefde vir God en die medemens iets goeds aan sal doen, hy sal dit ook aan My doen en dit sal hom duisendvoudig keer vergoed word! Maar net so ook met die slegte en bose/besoedeling wat iemand aan sy medemens sal doen!”
  3. Die Regter sê: “Wil Jy nie meer uitbrei met betrekking tot die slegte en bose/besoedeling wat `n mens nie aan sy medemens moet doen nie?! Ek wil dit graag weet omdat ek as regter dikwels in omstandighede beland waar jou medemens dikwels baie euwels en boosheid toegevoeg word, natuurlik meestal teen sy eie wil. Maar ons wet is hard en ken geen uitsondering nie, nie eers by ons eie kinders nie! - Gee vir My dus `n greep hierop!”
  4. Ek sê: “As jy die wette gemaak het, kon jy hulle ook verander het, maar hulle kom uit `n ou weldeurdagte volkswil en jy is aangestel om die sondaars wat hierdie volkswil oortree tot verantwoording te roep. Wanneer jy dit streng, noukeurig en regverdig uitvoer, soos voorgeskryf deur die wet, doen jy daardeur nie iets wat boos is nie, maar net iets goeds!
  5. Want elkeen wat `n lid van `n groot gemeenskap is, moet die wette van ordelikheid gehoorsaam en hulle tot sy eie lewensbeperkinge stel. As hy dit nie wil doen nie, moet hy dus as klaarblyklik die swakker een en as teenstander van die algemene volksorde, die bitter gevolge daarvan dra.
  6. En die heersende verteen­woordiger wat deur die volk aangestel is, wat `n koning of selfs `n keiser is, stel regters aan wat die wet wat aan hulle deur en deur bekend is, streng en regverdig kan toepas, en hulle kan nie anders as om goed te doen nie, want hulle suiwer die veld van mensesaad van die onkruid. - Indien jy dit doen, vervul jy jou plig en is jy `n weldoener van die ordelike en vredeliewende mense.
  7. Maar jy as regter moet hoofsaaklik daarop ag slaan dat `n verdwaalde mens nie te hard deur die gereg gestraf moet word nie, maar eerder gerehabiliteer moet word. Dit is `n eienskap vanuit die hemele in jou hart, want dan voldoen jy aan die ewige grondbeginsel van naasteliefde, wat sê: 'Wat jy redelikheidshalwe nie wil hê dat iemand aan jou doen nie, dit moet jy ook nie aan jou medemense doen nie!' Daarmee is jy voor God en ook voor die mense reeds geregverdig en het nie nodig om jou daaroor te bekommer wat nou eintlik goed of kwaad is nie!
  8. Sou hulle wat daar op die stoel van Moshé en Aäron sit, ook so opgetree en gehandel het, dan sou hulle nooit deur die Romeine oorwin geword het nie. Maar omdat hulle nie meer aan die ou wet getrou gebly het nie, waar alle mense dieselfde geoordeel was, maar na willekeur hulle eie wette opgestel het, het God Sy aangesig van hulle afgewend en hulle geplaas onder die streng tugroede van die heidene, waaronder hulle ook weens hulle groot halsstarrigheid gelaat sal word.
  9. Jy is `n ongelowige en herken My, hulle is Judeërs en is veronderstel om kinders van JaHWeH te wees en hulle herken My nie en sal My beswaarlik ook nie herken nie! Hoe is dit dan?! Dit wil vir My voorkom, soos `n profeet iewers gesê het, natuurlik ook destyds vir dowe ore: “Hy het na Sy eie mense in Sy eiendom gekom en Sy eie mense het Hom nie herken en Hom ook nie opgeneem nie!” - Maar laat dit nou wees soos dit wil, Ek het vir jou die regte stand van sake gewys, maar dit het nou tyd geword om daardie tekse wat deur die Owerpriester opgesoek is en wat nie op My van toepassing sou wees nie, van naderby te beskou!”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205