Wat gebeur met kinders na die dood
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

“Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God.” Markus 10:14. Beskou vanaf hierdie wêreld is die sterftesyfer in die eerste jaar van `n kind se lewe `n groot raaisel. Dit is teenstrydig met die Goddelike orde, dit is `n oorwinning oor die Goddelike doel, dit is die wegblaas van die ouers se hoop, dit is om die beker van die rykste seëninge na die lippe te bring met die een hand, en smyt dit teen die grond met die ander. Die Goddelike belofte aan die ouer is nou gebreek. Hoeveel Ragels het geween oor haar kinders en wil nie getroos word nie, want hulle is nie meer daar nie. Hoeveel verskeurde harte het gewonder hoekom die Meester aan hulle so `n pryslose geskenk gee, slegs om dit weer van hulle weg te vat, hoekom Hy so `n ryk en diep fontein van nuwe lewe open, slegs om dit te verander na bitterheid. Hierdie vrae van die seer en verskeurde hart kan nie beantwoord word vanuit die gesigspunt van hierdie lewe nie.

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205