Wat gebeur met kinders na die dood
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

Ook word hierdie tere juwele van die lewe, nounet vervoer vanaf die aarde, nie verdeel volgens die lot op `n arbitrêre of skeidsregterlike manier aan almal wat hulle sal neem nie! Hulle word, as’t ware, getrek na hulle wonings deur `n geestelike aantrekking. Soos wat daar `n ingebore en natuurlike verhouding tussen moeder en kind is wat hulle nader aan mekaar trek, en laat aanpas by mekaar, so is daar `n geestelike verhouding tussen die kinders en die moederlike engele in wie se huis hulle bekend gestel word. Die liefde van die engelemoeder is nie net `n ‘deur die bank’ en algemene welwillendheid nie, maar dit is spesifiek. Daar is `n rede in haar eie natuur en in die natuur van elke kind wat na haar huis toe kom wat bepaal hoekom daardie een dan gekies word en nie die ander een nie. As `n honderd kleintjies in een kamer geplaas word, en jy begeer om een of meer na jou huis toe te neem, en om aan te neem as jou eie, sal jy iets in een sien wat jou sal aantrek, en iets in `n ander een wat jou sal afstoot. Jy sal iets sien wat jou keuse sal beïnvloed, en almal sal nie dieselfde kies nie.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205