Wat gebeur met kinders na die dood
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

As beide kante van die gebeurtenis gesien sou kan word deur beide gemeenskappe op dieselfde tyd, wat `n verandering sou dit gemaak het in die gedagtes en gevoel van beide. Die engele kan nie anders as om met vertedering na die bedroefde ouers te kyk nie. En watter bystand kan hulle vir hulle gee? Ag, bedroefde moeder, sou hulle sê, treur nie so blindelings en wildweg nie. Die geliefde kind van julle hart is nie verlore nie, maar gered. Dit is nie dood nie, maar meer lewendig as ooit. Die goeie en wyse en die aller genadigste Meester, wat ons liefhet met oneindige meer diepte en vertedering as wat ons mekaar kan liefhê, het hierdie oorplasing van jou kind van jou huis hier benede tot ons huis hierbo, vir jou eie beswil, vir ons beswil, en vir die beswil van die kind, beveel. Ons sal hom liefhê met `n vertedering so diep en so rein soos jou eie, ons sal voorsien in al sy behoeftes. Ons sal hierdie kosbare vertroueling vir jou hou en sal dit aan jou oorhandig wanneer jy gereed is om dit te ontvang. Ons sal jou diepste verwagtinge en grootste vooruitsigte meer as vervul.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205