Wat gebeur met kinders na die dood
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

Ons kan almal sien hoe `n groot en gevarieerde veld vir die uitoefening van hemelse emosies beskikbaar is aan die engele in die onderrig en opvoeding van klein kindertjies wat sonder ophou oorgaan in die geestelike wêreld. Gevolglik, ons doktrine leer ons dat, “sodra as wat kindertjies uit die dood opgewek word, word hulle na die Hemel geneem,” en oorgegee aan die versorging van die engele van die vroulike geslag, wat in die lewe van die liggaam hierdie kleintjies so innig liefgehad het, en terselfdertyd het hulle God ook liefgehad. Want hierdie engele, toe hulle in die wêreld was, het alle kleintjies liefgehad uit `n soort moederlike teerheid, hulle het hulle ontvang as hulle eie, en die kleintjies ook, uit `n emosie wat in hulle ingeplant is, het hulle lief asof dit hulle eie moeders is.” Dus sien ons dat die teer, klein kindertjies wat van die wieg en die moeder se arms geneem word, nie gelos word om te vergaan nie. Hulle word nie ingehok in `n groot weeskinder tehuis en oorgelaat aan vreemdes nie. Hulle gaan van `n aardse na `n hemelse huis. In die meeste gevalle gaan hulle van `n moederlike liefde van `n blote natuurlike graad, van `n blote dierlike emosie, na `n moederlike liefde van `n hemelse graad. Dit is `n moederlike liefde gesuiwer van alle selfsugtige en wêreldlike emosie. Dit is `n moederlike teerheid deurdrenk van `n hemelse teerheid. Dit is `n moeder se toewyding wat geïntensifiseer en verhoog word deur hemelse toewyding. Dit is `n meer waaksamer, geduldige, en self-opoffering as enige natuurlike emosie, want hemelse liefde is suiwerder, dieper, en heiliger as enige aardse emosie. Maar dit is nie net slegs vurig, sag, en suiwer nie – dit is wat `n moeder se liefde somtyds nie is nie – dit is ook wys! Wysheid en liefde gaan hand aan hand in die Hemel. Die moederlike emosie van die engele is nie swak en dwaas nie. Dit sal nie toegee aan opdringerigheid nie. Dit is ferm sowel as sag. Dit kan lei en inhou sowel as `n oorgawe aan `n oorvloedige teerheid en sien om na die behoeftes.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205