Wat gebeur met kinders na die dood
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

As jy die skoonheid en die glorie van hemelse wysheid sien straal in hulle gesigte, en die sagtheid en suiwerheid van die hemelse liefde vervat in al hulle aksies, sal jy nie faal om vertroos te voel met die versekering dat jou kind nie `n tekort sal hê wat wysheid en liefde kan bied nie. As jy hom sien uitstyg uit sy materiële liggaam, en siekte en pyn bly hier agter, en as jy sien die lewe gloei in die gesig van jou kind, en sy hele vorm spring tot nuwe aktiwiteit, as jy sien hy word verwelkom deur die engelevriende, kan jy nie sê – ‘my kind is dood’ nie. Jy mag dalk sleg voel omdat iemand wat so naby en dierbaar aan jou was, verwyder word uit jou versorging en natuurlike sig. Maar jou hartseer sal getemper word met `n kalmte en soet gewaarwording van sy geluksaligheid. Jy sal sien dat hierdie verandering nie die dood is nie, dit is net `n oorgang, dit is die opspring of ontwaking van die werklike kind vanaf die aarde, dit is die oorplanting van `n onsterflike lewe vanaf die tuin hier benede na die paradys daar bo. En as jy die gebeurtenis in enige graad van korrektheid sien, sal jy sê, die Meester het meer as my verwagtinge vervul. “Die Meester gee, die Meester het weggeneem, geseënd is die Naam van die Meester.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205