Wat gebeur met kinders na die dood
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

Die doktrine van die Nuwe Kerk leer ons ook dat almal wat hierdie lewe verlaat in sy kindsheid of kinderjare, gered is. Die kinders van die ‘heiden’ sowel as die kinders van die christene, die massas wat blootgestel was - gelos om te sterf deur die bygelowigheid van die oorbevolkte bevolking van die Ooste, - die afstammelinge van sonde en beskaamdheid – van die slegste tot die beste van ouers was almal gered. Hier het ons `n derde deel van die menslike ras wat seker is van die hemel, onder watter omstandighede hulle ook al gebore is. Hier vind ons ook `n ryke bron van vertroosting vir hulle wat vanself beroof en bedroef was. As die Goeie Herder `n lam uit julle midde wegneem, kan julle seker wees dat dit nie verlore sal gaan nie. Jy kan verseker wees dat jou hoogste verwagting vir jou kind in vervulling gebring is. Jy het nog nooit gevra, en jy kan ook nie vra vir enigiets beter vir hom om te bereik nie. As jy die rykdom van die wêreld het, kan jy hom nie omring met soveel skoonheid, jy kan hom nie voorsien met soveel oorvloed en voortreflike middele van gemak en genot, as wat hy nou geniet nie! As jy die mag van die wêreld het, kan jy hom nie so sekuur teen alle teenslae bewaak nie, van elke bose aanslag, van alle geestelike en natuurlike gevaar. As jy die wysheid van die wêreld tot jou beskikking het, kan jy nie die ontvouing van sy geestelike aanlegte so perfek rig nie. Jy kan hom nie so `n groot, so `n volle, so `n vrygewige, so `n volledige kultuur gee soos wat hy nou gaan verwerf nie. Jy kan nie bedink, nog minder voorsien in so `n groot verskeidenheid, en volledige middele van ontwikkeling en kultuur vir elke aanleg van die intellek en emosie. Dus word daardie dierbare kind wat die Meester uit jou midde weggeneem het, in `n plek geplaas van Sy eie en kom so `n kind in die volle en permanente besit van dit hierbo genoem!

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205