SEISOENE VAN OORVLOED
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

BOODSKAP NO: 8 aan Bertus Hanekom op 11 SEPTEMBER 2013 om 01H30

ONS SKULD MEKAAR LIEFDE!

Julle skuld mekaar liefde. En aan hierdie liefdeskuld gaan julle die res van julle lewe hier op aarde afbetaal. Die liefde wat julle ander mense skuld, behoort `n weerkaatsing te wees van die onselfsugtige liefde waarmee Ek, Elohey, julle liefhet. Dit is nie in die eerste plek `n gevoel nie, maar `n daad van selfopoffering, waarin My eer en ander mense se belange gedien word. Sulke liefde is `n vervulling van al die gebooie deurdat dit strewe na die volmaakte gehoorsaamheid aan My.

As julle mekaar liefhet, sal julle mos nie in die versoeking kom om mekaar se naam te beswadder, vir mekaar te jok, van mekaar te steel of afgunstig op mekaar te wees nie. Dan sal julle mekaar alles gun wat julle self graag wil hê en mekaar behandel soos julle self graag behandel wil word.

Ja, miskien wil julle nou weet presies hoe Ek wil hê dat julle ander mense moet behandel. ‘’Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander `n klag het; soos Ek Jahshua julle vergeef het, so moet julle ook doen. Ek beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is’’ (Kol 3:13-14)

As julle graag wil doen wat Ek van julle verwag, behoort julle sommer vandag al te begin om af te betaal aan julle liefdeskuld teenoor ander, deur bereid te wees om hulle van nou af eerste te stel en te probeer om hulle met julle lewe die dien.

Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205