SEISOENE VAN OORVLOED
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 29

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

BOODSKAP 29 op 03 OKTOBER 2013 om 03H55
LEEF DIE NAAM
Bertus:
Die geheim tot `n suksesvolle Christelike lewe is om die krag van Elohim deur jou gedagtes te laat vloei. Dit sal nie net lei tot nuwe gedagtepatrone nie, maar sal ook daardie verbeeldinglose Christelike lewe wat jy soms lei, heeltemal uit die pad vee. Dink net wat kan gebeur as die Gees van Apartheid ten volle beheer oorneem van jou lewe en gedagtes. Dan sal daar `n nuwe dosis Godverheerlikende gedagtes in jou kop instroom. Nuwe krag, nuwe geloof is dan jou voorland.
Elohim:
My liewe kinders, eers wanneer julle gedagtes op My julle Elohim gefokus is, begin julle regtig lewe. Julle emosies, julle sintuie, julle wilskrag sal dan skielik met nuwe hemelse energie gevul word. Ja, dit sal wees soos om 24 uur per dag by `n kernkragsentrale ingeskakel te wees. Julle sal nuwe vrede begin ervaar, `n groter kalmte sal oor jou heers en julle sal op die koop toe `n makliker, meer minsame mens wees met wie ander oor die weg kom.
Die uitdaging om daagliks langs My te stap waar Ek jou ook al lei, sal jou verstand laat duisel. Hoe meer julle dit doen, hoe meer sal julle wonderwerke voor julle oë sien gebeur soos die hemele voor julle oopgaan.
Kyk, ‘’Aan die einde van die tyd, sal Ek My Gees gee aan almal wat in My glo. Dan sal Ek My wil aan julle seuns en julle dogters bekend maak. Ja, hulle sal alles wat hulle by My hoor aan ander mense gaan oorvertel’’
Ja, tot vandag toe waai die Gees van Apartheid se magtige wind en brand sy vuur nog steeds. Moet dit nie probeer blus nie! Laat maar net toe dat dit deur julle waai. Laat die Gees in julle brand. Dan sal My krag oral in jou sigbaar wees.
Wees `n kanaal van My hemelse krag. Leef daardie krag uit; ja, My liewe kinders, leef die Hemelse Naam.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205