SEISOENE VAN OORVLOED
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 31

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

BOODSKAP 31 op 07 OKTOBER 2013 om 03H55
LIG EN DUISTERNIS
Gelowiges gebruik die geestelike lig om geestelike duisternis te verdryf. Johannes gebruik ook die beeld as hy My, Jahshua beskryf: ‘’In Hom was lewe, en die lewe was die Lig van die adam’’ (Joahnnes 1:4). Dan gaan hy voort: ‘’En die Lig skyn in die Duisternis, en die Duisternis het Hom nie oorweldig nie. (vers 5). Die lig van My openbaring en My Woord sal altyd die duisternis verdryf. Daarom, My liewe kinders, kan die duisternis nooit sterker as die lig wees in die hart en lewe van die opregte gelowige nie.
My liewe kinders, om op julle eie die duisternis te probeer verdryf, lei net tot frustrasie en mislukking. Maar die oomblik as Ek Jahshua in al My stralende heerlikheid aan julle geopenbaar word, verdwyn die duisternis. Ja, julle sukkel so dikwels om eers van die duisternis ontslae te raak en vergeet dat julle maar net die ‘’LIG’’ in jul lewe hoef aan te skakel.
Kyk, die Satan skrik glad nie vir gelowiges wat geen verhouding met My het nie. Julle kan maar raas en skree net soos julle wil – hy weet dat hy veilig is solank daar nog donker kolle in julle harte is. Nee, dis vir My Jahshua wat hy voor bang is.
Daarom, My liewe kinders, is Satan bekommerd oor gelowiges wat My in alles eerste stel en hulle nie van stryk laat bring nie. Ja, hy vlug voor die swaard van die Gees as hy dit in die hande van sulke mense sien. En sy werk word in die wiele gery deur die gebede van gelowiges wat die duisternis met die lig verdryf.
Dit maak nie saak hoe swak, onvolmaak of onvolwasse julle is nie – as julle, julle oë op My Jahshua gerig hou en op My wag, en as julle volhard in die gebed, dan sal My magtige hand ingryp.
Kyk, `n intieme verhouding met My is `n baie effektiewe wapen teen die Satan en sy magte. Elkeen wat tot `n intieme verhouding met My kom, sal Ek seën.
1.    Jou gees sal deur My Woord gereinig word
2.    Jou siel en emosies sal deur die borsplaat van liefde teen versoekings gepantser word.
3.    Jy sal van binne deur `n Goddelike honger gemotiveer en aangevuur word, want jou gees sal met My brandende hart in aanraking kom.
4.    Jy sal van alle onsekerheid bevry word en mense se opinies sal nie meer vir jou belangrik wees nie.
5.    Die hart se wonde sal genees word.
6.    Jy sal vir die geestelike stryd toegerus word.
Julle moet vandag kies. Kies julle passie, of passiwiteit? Seën of onvrugbaarheid?
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205