SEISOENE VAN OORVLOED
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

BOODSKAP NO: 17 aan Bertus Hanekom op 16 SEPTEMBER 2013, om 04H00

ONS HOOR WAT ONS GRAAG WIL HOOR

Daar is `n eg menslike neiging om net daardie dinge te hoor wat jy wil hoor. Wanneer onaangename dinge gesê word, weier jy om te luister of jy oortuig jouself dat hulle nie op jou van toepassing is nie. Wanneer vleiende woorde weer uitgespreek word, inspireer en versterk dit jou, al sou jy besef dat dit nie volkome waar is nie.

Hierdie menslike swakheid mag jou help om onaangename situasies te vermy. As dit egter op die geestelike terrein toegepas word, kan dit uiters gevaarlik wees. Wanneer Ek, jou Elohim, My Wil duidelik aan jou bekend maak en jy nie gewillig is om My te gehoorsaam nie, mag jy dalk voorgee dat jy nie verstaan nie of jou doof hou vir My stem en uitdagings.

Wanneer Ek, jou Elohim praat en My pad vir jou aandui, mag daar geen verskoning wees sodat jy jouself kan behaag nie. As Ek praat, het Ek die reg om gehoor en gehoorsaam te word. Kyk, Ek laat alles vir jou ten goede meewerk en Ek wil vir jou net die beste gee. Hoe hoog My eise ookal mag wees of klink, Ek, jou Lewendige Elohey sien die toekoms, en hou dit alles in My hand.

My liewe kind, hoor wat Ek vir jou wil sê, gehoorsaam My Wil in jou lewe, ja,vertrou die toekoms aan my toe. Dan kan en sal jy net met selfvertroue leef en werk.

Amen

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205