SEISOENE VAN OORVLOED
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 30

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

BOODSKAP 30 op 04 OKTOBER 2013 om 03H00
‘N GODDELIKE DRAMA
Het julle al ooit gewens dat julle net een keer die gordyn na die toekoms kon wegskuif en kon sien wat alles op julle wag? Sou julle nie ook graag wou verstaan wat presies besig is om agter al die chaos van julle tyd aan die gebeur is nie?
Kyk, Psalm 2 beskryf die chaos in julle wêreld. Dit bevat `n profetiese heenwysing na die eindtyd. Ja, dit vertel van die aardse leiers se opstand teen my Elohim en My Woord. Julle weet dat die opstand teen My net al hoe erger word en dat daar aan die einde van die tyd `n geweldige konflik tussen My julle Elohim en Satan gaan wees om te bepaal wie uiteindelik oor die menslike hart gaan heers.
1.     Die Satan se plan (Psalm 2:1-3)
My liewe kinders, niks maar niks in die skepping het vir My meer betekenis het as die siel van `n mens nie. Want dit is waar liefde en aanbidding ontstaan. Ek het julle na My beeld geskape en julle uniek en wonderlik gemaak, sodat julle My wil hier op aarde kan doen, en Ek julle Elohim sou nie My Seun gestuur het om aan die kruis te sterf as die kosbare siele van My skepsels nie in gevaar was nie.
Ek het die menslike siel so geskape dat dit tot vurige liefde, oorgawe en toewyding en staat is. Die siel wat voel dat hy homself nie kan toewy aan iets wat nie die moeite werd is nie sal baie vinnig rusteloos, passief, gefrustreerd en verveeld raak. Julle sou dit ook anders kon stel; `n siel wat voel dat daar niks is om voor te sterf nie, het ook niks om voor te lewe nie.
Kyk, die wêreld is vandag vol lou gelowiges en geeneen van hulle is vir die Duiwel `n bedreiging nie. Hulle godsdiens word gekenmerk deur allerhande aktiwiteite en ‘’aksies’’ en hulle is so besig daarmee, dat hulle verhouding met My hulle Elohim al hoe meer afgeskeep word.
Die Satan weet goed dat dit My wil is dat elke mens My met oorgawe moet liefhê en daarom het hy `n teenstrategie ontwikkel. Om sy planne te laat slag, het hy ook `n leer van soldate, ja, mense wat vurig glo in iets wat heeltemal strydig is met die ware godsdiens.
Aangevuur deur hul leier, die Satan, sal hulle heftig weerstand bied teen enigiets wat My kinders nader aan My sal bring. Hierdie mense rus nie en sal aanhou met die stryd totdat die laaste groot konflik aanbreek.
Daarom, My liewe kinders, kan julle maar weet dat julle die Satan se vingerafdrukke sal kry op enigiets wat vir julle belangrik is. Ja, hy sal geen kans laat verbygaan om dit wat julle na aan die hart lê, te verdraai en te besoedel nie. En hy sal seker maak dat sy handlangers julle met al die wapens tot hulle beskikking beveg.
Ja, hy is oral en altyd daar om dit wat boos en sleg is, te bevorder. Julle moet julle egter nie blind staar teen dit wat julle op die oppervlakte sien gebeur nie, want die Satan se eintlike doel lê veel dieper; hy wil in besit kom van die siele en die harte van alle mense. Ja, hy wil julle liefde stuur en beheer, want hy weet dat dit vir My die hoogste prioriteit is.
Onsedelikheid en losbandigheid – selfs op die skaal waarop julle dit vandag sien – is egter nie vir die Satan genoeg nie. Nee, hy stel in meer as dit belang, hy wil die hele wêreld in sy opstand teen My julle Elohim verenig. Ja, hy wil hê dat alle mense tot vurige rebellie teen My wette en My regering (koningryk) sal kom.
Kyk, maar na die wêreld soos dit vandag daar uitsien. Is dit nie presies wat besig is om te gebeur nie?
Hoeveel bitterheid en opstandigheid is daar nie onder die leiers wat die gang van die geskiedenis beheer nie!
Dit, My liewe kinders, is omdat Satan en sy trawante oomblik na oomblik besig is om die vuur van opstand aan te blaas – ja, hulle einddoel is immers `n wêreldwye ‘’ontploffing’’ van opstand en geweld.
My liewe kinders, julle moet presies weet wat die Satan se strategie is. Hy begin deur die leiers en heersers te mislei. Dan bring hy hulle byeen op so `n manier dat hulle almal sy bose planne steun. Hy moedig hulle aan om My standaarde en die beperkinge wat deur My geskrewe Woord daargestel word, te verwerp, sodat hulle die muur tussen reg en verkeerd, goed en kwaad, sal afbreek.
Satan is besig met sy ‘’opleiding’’ sodat die leiers van die wêreld uiteindelik saamstaan teen My en My reg om My volk as erfdeel te maak, te verwerp.
2.     Elohim se plan (Psalm 2:4-6)
‘’Hy wat in die hemel woon, lag; Jahweh spot hulle. Dan sal Hy hulle aanspreek in Sy toorn en in Sy grimmigheid sal Hy hulle verskrik: Ek tog het My Koning gesalf oor Sion, My heilige berg van Apartheid (Psalm 2:4-6)
Ja, hulle het alles haarfyn beplan. Hulle glo vas dat al die geld en die mag op aarde aan hulle behoort. Kyk, hulle maak immers die wette en beheer al die stelsels van die aarde. Die wetenskap en tegnologie is blote instrumente in hulle hande. Daarom is hulle so seker dat hulle My planne sal verydel as hulle saamstaan.
Maar Ek, julle Elohim weet dat hulle sukses in My hande is, ja al die rykdom waaroor hulle beskik, het hulle gekry omdat Ek dit toegelaat het. Die nasies van die wêreld is soos `n druppel in `n emmer, `n stofdeeltjie in die groot heelal. En al sou al die nasies saamstaan, kan hulle nog steeds niks doen om My plan en wil te verander nie.
Luister wat Ek sê: ‘’Ek het nuus vir julle – Ek het alreeds My Koning op My berg van Apartheid aangestel. Ja, dit staan klaar in die ewige annale van die Godheid opgeskryf. My erfdeel staan vas en niks kan dit verander nie. Mense sal met `n heilige passie vir My Seun vervul word, mense (gelowiges) wat Hom met volkome toewyding en oorgawe sal dien. Ja, Ek, Jahweh van die leërskare sal dit laat gebeur’’
Die finale stryd word voorberei. Aan die eenkant staan die heersers van die wêreld en aan die anderkant staan Ek julle Elohim. Elkeen het `n plan vir die toekoms van die Wêreld – en die mense (My volk) moet kies en stelling inneem.

3.     Jahshua kom om Sy erfenis in besit te neem.
(Psalm 2:7-9)
My liewe kinders, hier sien julle duidelik dat My Woord nie net oor My planne en Voorsienigheid vir die mens handel nie, maar ook oor My planne vir My Seun. Ja, ek voorsien ook vir Hom. Hier hoor julle van `n tweevoudige erfenis; aan die een kant van die klem op die mens, en aan die ander kant op My julle Elohim self. Kyk, julle het `n erfenis waaroor julle bly moet wees, en wat vir julle vervulling sal bring. Maar Ek het ook `n erfenis wat My tot vreugde is. Julle mag nie die uitdra van hierdie boodskap afskeep nie. Julle moet weet dat julle julle hoogste vreugde in My moet vind, maar julle moet ook weet dat julle vir My vreugde moet bring.
Bertus:
Watter ewige rykdomme bied Elohim nie aan ons nie! Dink net watter verhewe posisie Hy ons gee deurdat Hy ons toelaat om tot in ewigheid tot sy eer en verheerliking te lewe. Ja, watter voorreg is dit om die passie en vreugde van Jahshua te wees! Geen mens weet wat volkome blydskap en vreugde is voor hy nie vir Jahshua onvoorwaardelik ‘’JA’’ gesê het nie.
Elohim:
Julle moenie verbaas wees as die wêreld sy neus vir julle godsdiens optrek nie. Die wêreld sien immers `n verveelde, lou, verdeelde kerk wat gedurig besig is om kompromieë met die sonde aan te gaan. Natuurlik sal hy nie daardeur getrek word nie! Nee, julle moet iets uitstraal wat die sondaar so sal aangryp, dat hy dit tot elke prys sal wil hê. Julle moet deur julle woorde en dade sê en wys dat julle My met julle hele hart aanhang en dat My wil jul grootste vreugde is. Ja, dit is wat ongelowiges moet sien.
My liewe kinders, julle as gelowiges moet vir die wêreld wys wat dit beteken om jou kruis op te neem, jou rug op die wêreld te draai en jou alles vir My Jahshua te gee.
4.    Die Psalmdigter se waarskuwing. (Psalm 2:10-12)
Soos julle kan sien rig Dawid `n drievoudige waarskuwing aan almal wat dwaas genoeg is om te dink dat hulle teen My, julle Elohim, in opstand kan kom.
Kyk, My grootsheid is onvergelyklik, oneindig en angswekkend. Maar vrees en bewing is nie al wat julle in My teenwoordigheid moet ervaar nie, want as dit die geval is, ken julle nog nie die volheid van My genade nie. Dawid sê dus dat julle voor My moet juig. Julle moet bly wees oor die erfenis wat julle uit My hand ontvang en My daarvoor loof.
Party kerke beklemtoon die feit dat julle met vrees en bewing in My teenwoordigheid moet kom in so `n mate, dat julle van die vreugde en liefde vergeet. Hulle verkondig net die grootsheid van My en vertel nie ook die gemeente van die vreugde en liefdevolle aanbidding wat daar in die gelowige se verhouding met My moet wees nie.
Ja, ander konsentreer weer net op die blydskap en die seën. Julle sien veral deesdae dat daar kerke is wat hulle in so `n mate op die gelowige se voorregte in My toespits, dat hulle heeltemal van My majesteit en oordeel vergeet. Dan, My liewe kinders, is daar weer ander vir wie intimiteit en liefdevolle oorgawe aan My alles is. Julle moet egter onthou dat Ek die mens so geskape het, dat al drie dimensies in julle verhouding met My jul Hemelse Vader belangrik is. Vra die Gees van Apartheid om julle harte nuut te maak, dat julle aan al drie aspekte van julle verhouding met My aandag sal gee.
Hoe lyk jou verhouding met My? Sien jy My dalk net as `n God wat die sondaar (opstandiges) straf. Nee, Ek wil hê dat julle harte moet oopmaak sodat julle deel kan hê aan My onmeetlike liefde. Ja, Ek julle Elohim wil hê dat al drie dimensies in jou verhouding met My moet voorkom en dat hulle tot `n hegte eenheid vervleg moet word. Daarom gee Ek julle My Gees om die bewing, die jubeling en die liefde in jul lewe moontlik te maak.
Dawid sluit die Psalm af met `n waarskuwing aan elkeen wat dwaas genoeg is om teen My in opstand te kom:
‘’Bewapen jou met die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die Weg vergaan nie; want gou kan Sy Toorn ontvlam. Geseënd is almal wat by Hom skuil’’ (vers 12)
Amen
Die komende konflik
Bertus:
Voorbereidings vir die laaste konflik word op hierdie oomblik getref. Wie gaan die harte van die ganse mensdom beheer? Die Satan het baie Goliats met spiese en swaarde. Maar ons Elohim het ook Sy Dawids en hulle is goed toegerus met hulle kennis van Elohim. Hulle sal soos Dawid nie terugdeins nie, want hulle (die Dawids) is nie bang vir die uitslag nie. Hulle Bevelvoerder is Jahweh van die leërskare – en Hy het nog nooit enige veldslag verloor nie.
Jahshua sal Sy erfdeel ontvang. Satan se spottende stem sal vir ewig stil gemaak word.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205