SEISOENE VAN OORVLOED
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 33

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

BOODSKAP 33 op 08 OKTOBER 2013 02H18
LIEFDE KAN DIE WêRELD OORWIN
Dit klink asof die aarde gevul is met die wanklanke van beskuldigings en teenbeskuldigings: Nasie teen nasie, organisasie teen organisasie, persoon teen persoon. Ja, die oorlogsdromme dreun onophoudelik oor die wêreld heen en dit lyk of aggressiewe gesindhede eerder die reël as die uitsondering geword het.
Daar is nie veel wat die gewone mens kan doen om die wêreld oornag in orde te bring en `n beter plek te maak nie. Maar dit, My liewe kinders, is die plig van elke gelowige om iewers `n begin te maak – hoe gering ook al. Begin in die omgewing waar julle woon, werk en leef.
Kyk, as julle gewillig is om My Jahshua toe te laat om julle en julle talente in My diens te gebruik, kan jul klein dade `n geweldige inpak hê op die wêreld in die algemeen en op julle omgewing in die besonder. En indien alle gelowiges dieselfde sou doen, kan julle deur My liefde hierdie wêreld oorwin. Ja, vir My julle Elohim is alle dinge immers moontlik.
Maak julle lewe en harte op hierdie oomblik vir My en vir julle medemens oop en verbind julle tot liefdevolle diens aan My en jou naaste. Ja, My liewe kinders, dit mag net moontlik die begin wees van `n geweldige oplewing van liefde wat deur die hele wêreld sal trek en baie mense se lewens sal aanraak.
Lees 1 Petrus 3:8-22
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205