SEISOENE VAN OORVLOED
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 24

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

BOODSKAP 24 op 26 SEPTEMBER 2013 om 05H15
LAAT JOU GEDAGTES NUUT WORD.
Waar tref die moeilikheid jou eerste? In jou gedagtes, in jou siel. Bekommernis en besorgdheid beïnvloed jou denke en emosies, daarom, My kind, is dit noodsaaklik dat geen belediging in jou gedagtes of emosies moet wortelskiet nie. Dit kan ook later jou gees beïnvloed en jou pas verstadig.
`n Beheerde denkwyse, en gedagtes wat vernuwe is en onder die gesag van My Woord en die Apartgestelde Gees geplaas is, sal aan jou oorwinning verseker.
Ongelowiges, en soms ook gelowiges, mag dalk aanstoot neem op die manier waarop Ek Elohey in en deur jou werk. Soms is dit as gevolg van jaloesie dat so `n gesindheid ingeneem word. Julle moet baie versigtig wees om nie aanstoot te neem op die wyse waarop Ek iemand gebruik nie, maar waardeer liewer die manier waarop Ek in ander se lewens werk.
Die lewe hier op aarde is nie regverdig nie en sal ook nooit wees nie, maar jy kan oorwinnend te midde van alles leef, indien jy besluit om in vergifnis en liefde te wandel en weier om aan die oortredings teen jou vas te hou.
Jy vra, hoe weerhou jy jouself daarvan om te na gekom te word? Hoe raak jy ontslae van die dinge waaraan jy so naarstiglik vasklou? My liewe kind, die antwoord lê in 1 Kor. 13 :4-5.
Maar weliswaar sal daar altyd mense wees wat aanstoot neem van enigiets wat jy sê, en dit My kind, is iets waaraan jy niks kan doen nie. Dit bly egter steeds jou plig om van jou kant af niks te doen wat ander kan aanstoot gee nie. Neem `n besluit om altyd in liefde te wandel.
Dit is baie belangrik om in hierdie eindtye te vergewe en in liefde te wandel, omdat die Goddelike verhoudinge waarin Ek Elohey jou plaas, uitmekaar geskeur kan word.
Besluit om onmiddellik te vergewe en in liefde te wandel, want dan kan jou hart, gedagtes en gees vry wees om My Jahweh voluit te dien.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205