SEISOENE VAN OORVLOED
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 36

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

BOODSKAP 36 op 10 OKTOBER 2013 om 02H10
DIE TAAL VAN DIE SKRIF.
My liewe kinders, dit is noodsaaklik om die taal van die Skrif te verstaan as julle graag wil hê dat Ek My aan julle moet openbaar.
Kyk, die vyand doen alles in sy vermoë om julle begrip van My Woord te benewel, daarom saai hy dikwels twyfel deur die taal waarin julle My Goddelike waarhede interpreteer en verstaan. Dit beteken dat selfs julle taal – en begripsvermoë deur My Gees nuut gemaak word as julle My Woord reg wil interpreteer. Ja, julle moet weet dat die stryd tussen goddelike en bose magte ook om julle verstandelike en taalvermoëns gaan, want sonder begrip kan julle nooit tot volle kennis van My Goddelike waarheid kom nie.
Woede en negatiewe emosies gaan baie beslis `n invloed hê op julle interpretasie van die Skrif. Julle moet leer om met nederigheid na My Woord te gaan. Opregte nederigheid berei ook julle harte voor vir My verlossing aan julle. Ja, My liewe kinders, julle moet dieselfde gesindheid hê as `n klein kindjie wat gretig is om iets nuuts te leer en met My Woord wil omgaan, en dit mag nooit verander nie.
Julle moet wees soos `n dienskneg wat graag wil doen wat sy meester hom beveel. Julle gehoorsaamheid aan My Woord gaan bepaal in watter mate julle suksesvol gaan wees in julle verhouding met My, julle Hemelse Vader.
Daar moet ook doelgerigtheid wees as julle My Woord nader en bestudeer, want dit moet vir julle belangrik wees om te hoor, te verstaan en gehoorsaam te wees aan wat Ek vir julle wil sê.
Ja, julle moet verwag dat julle eie vleeslike begeertes en die invloede van die wêreld hard gaan probeer om julle te laat misluk in hierdie strewe, maar julle moet ook onthou dat Ek Jahweh belowe om julle siele te red, julle moet net in en deur alles aan My Woord vashou.
Julle moet tyd maak om My Woord te bestudeer en reg te verstaan. Ja, julle moet My Woord dag en nag oordink, dit ‘’inneem’’ en ‘’eet’’, sodat dit deel kan word van julle en julle kan versterk vir die lewe waartoe Ek julle Elohim julle geroep het.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205