SEISOENE VAN OORVLOED
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

BOODSKAP NO: 5 aan Bertus Hanekom op 9 SEPTEMBER 2013, MAANDAG om 04H00

WAAR VIND JY WYSHEID?

“Maar die wysheid van Bo is ten eerste onbesoedeld, dan vredeliewend, vriendelik, geseglik, vol Barmhartigheid en suiwer vrugte, onpartydig en opreg.” (Jakobus 3:17)

Lees die Brief van Jakobus 3:13-18

Bertus:

Ons almal voel soms dom en totaal ontoereikend wanneer ons `n keuse moet maak of `n beslissing moet vel. Verder het die meeste van ons ook al dae gehad waarin ons voel asof “iets groots” in ons lewe mis; asof daar `n leemte in ons binneste is; asof omstandighede teen ons aanrol en ons nie herwaarts of derwaarts weet nie. Dit is dan dat ons Elohey se Wysheid kortkom.

Elohey:

As julle My in julle lewe innooi, het julle dadelik ook My Gees in jul binneste. Wat `n wonderlike voorreg het julle as gelowiges nie! Die Gees van Waarheid bly in julle! My, julle Elohey se Gees in jou leer jou. Ja, Hy gee vir jou die kennis en wysheid wat julle nodig het. Hy is die Gees van Waarheid!

“ Die Wysheid kom eerste. Sorg dat julle wysheid bekom, gee alles wat julle het, om insig te kry! Slaan dit hoog aan.....” As julle nou, terwyl julle hierdie woorde uit Spreuke 4:7-8 lees, besef dat julle iets kortkom in julle lewe, moet julle nou na My toe kom. Ek is die bron van alle wysheid. Laat die Waarheid julle lei om reg te kies, reg te doen, met oorgawe lief te hê en voluit te lewe!

Maak julle harte en oë nou oop en kies om My, julle Elohey te dien, sodat My Gees jou die nodige insig kan gee.

Julle sal ondervind dat daar nou ook `n drang na Wysheid by julle ontwikkel.

My liewe kinders, soek dieper, delf dieper. Ervaar wat Ek, Elohey vir julle in My Woord gebêre het as jul erfdeel. Die Wysheid is hier self aan die Woord: “Aanvaar wat Ek julle leer, dit is meer werd as silwer; ja kennis is meer werd as die fynste goud.

Wysheid en insig is die weg na `n heerlike lewe van volheid!

Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205