SEISOENE VAN OORVLOED
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

BOODSKAP 20 op 22 SEPTEMBER 2013 SONDAG 02H15
‘N BEVOORREGTE GESLAG.
Kyk, My liewe kinders, julle leef in die mees bevoorregte en opwindendste tye. Net jammer dat meeste gelowiges se lewenstyl alles behalwe opwindend is; party huldig die standpunt:’’ Ek is nou eenmaal hier en sal my bes probeer om dit te maak’’. Ander leef weer met die vrees – gaan ek dit in hierdie eindtyd maak of nie?
Hierdie, My kinders moet onder geen omstandighede julle uitkyk wees nie.
Kyk, die lewe saam met My, Jahshua kan `n voortdurende avontuur wees, maar sommige gelowiges besluit om `n vaal, vervelige lewe te lei omdat hulle dit nie waag om op die snykant daarvan te leef nie. As julle dit waag om presies te doen wat Ek Jahshua sê, is en sal jou lewe opwindend en vol pret wees.
Julle beleef nou die laaste groot hoera! Julle moet dit julle nou ten doel stel om, alles in jul vermoë te doen om My planne op aarde te vervul. Julle moet egter nie die dinge rondom julle vanuit `n natuurlike perspektief beskou nie. Julle weet mos dat Ek Elohey `n hand in die gebeure het en in beheer sal bly tot die einde toe.
My liewe kinders, hierdie laaste uur behoort julle bly te maak, nie hartseer, terneergedruk of bevrees nie. Julle kan `n keuse maak of julle kan soos uitgewaste lappe en vol vrees leef, of julle kan die pad nou saam met My loop, `n pad vol pret. Dit is reg, ja – vol pret!
Geen geslag sedert die eerste geslag van die geskiedenis, het so `n unieke verantwoordelikheid soos die huidige geslag nie.
Die dinge wat nou in die wêreld plaasvind is die geboortepyne, ja, dit is daardie tyd wanneer die baba gereed maak om die wêreld in te kom. Julle leef nou in daardie tyd, daardie oorgangstyd van een era na `n ander en gelowiges (My volk) moet hulle daarop toespits om te leer hoe om waarlik te leef en hoe om oorwinnend te oorleef gedurende hierdie tyd van verandering.
Kyk, Ek Jahweh rig vandag `n uitnodiging aan ieder en elk wat deel van My familie (Volk) wil wees om `n keuse te maak en ten spyte van jou omstandighede om nou betrokke te raak self al het julle dit nog nooit tevore gedoen nie. Moet julleself nie blind staar aan die veranderings wat in die eindtyd gaan plaasvind nie.
‘’Daarom dan, terwyl julle so `n groot wolk van getuie rondom julle het, laat julle ook elke las aflê en die sonde wat julle so maklik omring, en met volharding loop die wedloop wat voor julle lê’’ (Hebr 12:1)
Slegs jyself en Ek Elohey weet wat daardie laste is wat jy dra en slegs Ek kan jou verlos daarvan – as jy manmoedig en eerlik is om dit aan My te erken en My hulp in te roep.
Nou is die aangewese tyd om dit te doen.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205