SEISOENE VAN OORVLOED
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

BOODSKAP NO: 6 aan Bertus Hanekom op 10 SEPTEMBER 2013 om 04H25

SNOEITYD

“Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, die maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.” (Joh 15;2)

Ywerige tuiniers weet eweneens dat snoeityd nodig is vir `n oorvloedige oes in die somer, In die lewe van My Elohey se kinders kom daar ook `n tyd vir snoei. Ek snoei julle deur swaarkry, sodat julle nader aan My kan lewe en meer en beter vrugte vir My kan dra.

Kyk, Ek Jahshua onderskei in Johannes 15 tussen twee snoeiprosesse; afsnoei en reg snoei. Die vrugbare lote word reg gesnoei sodat hulle nog meer vrug kan dra, maar die lote wat nie vrugte dra nie, word afgesny en in die vuur gegooi en hulle verbrand. “Julle is alreeds reg gesnoei deur die woorde wat Ek vir julle gesê het’’ ja, dit het Ek vir My dissipels gesê.

Ek, julle Elohey laat soms `n snoeiproses in julle lewe toe, omdat Ek seker wil maak dat julle nog meer vrug vir My sal dra. En alhoewel hierdie snoeiproses vir niemand aangenaam is nie, snoei Ek My kinders nooit tot breekpunt toe nie, maar net tot groeipunt toe.

Om vrugte vir My te dra, is net moontlik na `n geestelike snoeiproses waardeur die waardelose dinge in julle lewe deur Myself weggesnoei word. My liewe kinders, onthou wanneer julle weer deur swaarkry gesnoei word, dat hierdie snoeiproses nooit lekker of maklik is nie, maar wel broodnodig vir `n oorvloedige oes. Gebruik nou My, julle Elohey se snoeiskêr in julle lewe as `n aanmoediging om nog nader aan My te lewe en nog meer vrug vir My te dra.

My liewe kinders verwyder vandag nog die dinge wat onnodig is uit julle lewe, sodat julle werklik vrugbaar vir My sal wees!

Amen


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205