SEISOENE VAN OORVLOED
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

BOODSKAP 2 - 6 SEPTEMBER 2013 - VRYDAG 04H50
‘N GELEENTHEID OM WEER TE BEGIN
Ons word begenadig om `n nuwe lewe binne te gaan (`n nuwe tydperk). Afgesien wat in ons voorafgaande lewe gebeur het, ten spyte van voornemens wat in die niet verdwyn het; van terugslae, teleurstellings en mislukkings – met die aanbreek van `n nuwe lewe in Jahshua, is daar weer nuwe hoop in ons harte. Ons kry `n Godgegewe geleentheid om weer te begin.
Ons moet verlede agter ons plaas en streef daarna om beter te leef en die laaste dae wat voorlê! Hoe onbekwaam ons ookal mag voel, moet ons onwrikbaar weet dat alle dinge met Jahshua moontlik is. In ons eie krag wag daar vir ons bittere mislukkings en teleurstellings. Gekoppel aan Elohey se Almag is alle dinge egter moontlik. Elohey se Gees sal nuwe krag en inspirasie in ons lewens genereer en ons sal enige iets wat opduik kan hanteer.
Ons het nou die geleentheid om te leef soos wat Elohey dit van ons verlang. Loop in Sy voetspore en op Sy pad. Ons moet die taak wat Hy aan ons toevertrou het – hoe gering dit ook al mag wees – na die beste van ons vermoëns afhandel. Dan sal die Lewende Elohey op ons lewensarbeid neerkyk en sê: “Mooi so!”
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205