SEISOENE VAN OORVLOED
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 23

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

BOODSKAP 23 op 26 SEPTEMBER 2013 om 04H00
OM BELEDIGINGS TE KOESTER HET SY GEVOLGE
My liewe kind wanneer jy die negatiewe dinge koester, laat dit jou aandag aftrek van jou bestemming in My jou Elohim. Dit vernietig jou visie en die groei van jou bediening.
As die Duiwel dit kan regkry om jou beledigd te laat voel, slaag hy daarin om jou aandeel in die eindtyd werksaamhede te aborteer. Dit is waarom Ek Jahshua gewaarsku het: ‘’En baie sal tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat. ‘’ (Matt. 24:10) Kyk, ek het hierdie waarskuwing gerig om jou sterker te maak, om jou voorbereid te maak op die gevare wat daarin lê om gedurig beledigd te voel en om jou in staat te stel om teenstand teen die vyand te bied as hy hierdie offensief teen jou gebruik.
Die gevolg is dat jou gekrenkte gevoelens jou in `n sirkel laat leef wat rondom jou seergemaakte gevoelens draai en nie rondom My jou Elohey nie. Hierdie belediging/geding kom staan tussen jou en jou medemens en tussen jou en My.
Jy verloor jou vreugde, jou krag, jou vrede en jou opgewondenheid in My. Jy word moeg, terneergedruk en uitgeput en dit open die deur vir verraad en haat in jou lewe. Kyk, My Woord waarsku jou om nie in bitterheid te verval nie, omdat dit groot probleme in die lewe van My kinders kan veroorsaak.
Daar staan ook geskrywe: ‘’En moenie die Apartgestelde Gees bedroef nie deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing’’
Seergemaakte gevoelens kan selfbejammering kweek. Dit het die natuurlike gevolg dat jy tot mense aangetrokke voel wat soos jy, net aan hulle eie smart en verontregting dink. Om seergemaakte gevoelens te koester, lei jou in verraad en haat in.
Wanneer dit gebeur, word Goddelike verhoudinge gediskonnekteer. Waak daarteen, word wys in die liefde van My sodat julle mekaar nie verraai nie.
My kind, die teenoorgestelde van haat en verraad is liefde. Laat julle die ‘’mekaar verraai en haat…’’ verander in ‘’baie sal mekaar liefhê’’
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205