SEISOENE VAN OORVLOED
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

BOODSKAP NO: 13 aan Bertus Hanekom op 15 SEPTEMBER 2013, om 02H15

OM ELOHIM SE STEM TE HOOR.

Bertus:

Die meeste van julle het al êrens langs die pad probeer om vir iemand anders iets belangrik te sê, net om daar weg te stap met die wete dat hy of sy jou regtig nie gehoor het nie. Hulle het miskien wel jou woorde gehoor, maar nie die boodskap in jou hart nie. En omdat hulle jou nie regtig gehoor het nie, het hulle jou woorde en boodskap aan die hand van hul eie vooroordele of emosies beoordeel en daarvolgens gereageer.

Elohey

Wanneer julle na My Woord gaan om te hoor wat Ek vir julle wil sê; ook deur My boodskappers en skryfknegte, moet julle baie akkuraat luister en hoor en hoe korrek julle My Woord interpreteer, gaan bepaal word deur julle vermoë om op `n ander golflengte te wees (geestelike golflengte) as julle na My luister. Julle kan dit so stel; julle stry nog almal teen die natuurlike mens in julle binneste. Ja, julle menslik ore word deur allerhande faktore uit die donker wêreld om julle beïnvloed en dat al daardie dinge soms verhinder dat die geestelike mens in jul binneste nie hoor wat Ek, julle El, vir julle wil sê nie! Selfs al lees julle My Woord of `n boodskap, sal julle dit nie regtig verstaan nie, tensy My Gees julle lei.

My liewe kinders, om te luister, is `n ernstige saak. Dit sluit ook reaksie en betrokkenheid in. Is dit nie wonderlik vir julle om te weet dat julle die vrymoedigheid mag neem om met My, jou Elohey te kan praat en te weet Ek hoor en luister nie. Kyk, Ek hoor en luister nie net nie, maar Ek reageer ook.

As julle daaraan werk om waarlik te luister na wat ander mense sê (My boodskappers), is julle ook terselfdertyd besig om julleself voor te berei om My stem te hoor. Weet dat Ek, Elohey met julle wil praat!

Daar is waarskynlik baie van julle wat nie My stem kan hoor nie, dis omdat julle nie besef dat Ek met julle wil praat nie. My kinders, dit is vir My `n vreugde om julle op al jul vrae te antwoord, iets wat alreeds vir mense wat aan die wêreld vasgegroei het, moeilik is om te verstaan en te glo – met jou hele hart te weet en te glo, want anders gaan julle My nie hoor en verstaan as Ek persoonlik met julle wil praat nie.

As julle na My Woord gaan, sal julle sien dat daar talle voorbeelde is van verhale waar Ek op die hulpgeroep van My kinders (volk) gereageer het deur middel van My profete. Ja, soms het Ek direk met hulle gekommunikeer, maar in ander gevalle het Ek hulle gebruik om `n boodskap aan die volk te bring.

Daarom, My liewe kinders, het Ek ook op My Goddelike manier vir julle My Woord gegee – om dinge wat in My hart is, met julle te deel. Ja, julle moet die wonderlike realiteit jul eie maak, dan sal julle uiteindelik by die punt kom waar julle My Stem in jul harte sal hoor.

Amen

Bertus:

As ons bevestiging soek, lees 2 Kor 13:1:‘’’Dit is die derde keer dat Ek na julle toe kom. In die mond van twee of drie getuies sal elke woord vasstaan.’’ (1933 vertaling)


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205