SEISOENE VAN OORVLOED
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

BOODSKAP NO: 11 aan Bertus Hanekom op 13 SEPTEMBER 2013, om 02H30

JY IS GEEN ONGELUK NIE.

Lees Jesaja 44:1-5

Bertus:

Nadat ek bogenoemde verse gelees het, het ek tot die besef gekom, ons Elohey dobbel nie.

Elohey:

Jy is geen ongeluk nie.

Jou geboorte was geen fout of vergissing nie, en jou lewe is nie blote stom geluk nie. Jou ouers het jou miskien nie beplan nie, maar Ek, Elohey het. Ja, Ek is glad nie deur jou geboorte verras nie. Ek het dit trouens verwag. Jy leef omdat Ek jou wou skep!

Ja, Ek het elke besonderheid van jou liggaam bepaal. Ek het jou ras, jou velkleur, jou hare en elke ander kenmerk doelbewus gekies. Ek het jou liggaam pasgemaak soos Ek dit wou hê. Ek het bepaal watter natuurlike talente jy gaan hê, asook die uniekheid van jou persoonlikheid. Die Woord sê: ‘’U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in U Boek opgeskrywe.’’

Ek Elohey doen niks per ongeluk nie, en Ek maak nooit foute nie. Ek het `n rede vir alles wat Ek skep. Elke plant en dier is deur My beplan, en elke mens is met `n doel voor oë ontwerp. Liefde was My motief toe Ek jou geskep het. Ek het hierdie planeet se omgewing juis ontwerp sodat jy daarin kan leef. Jy is die fokus van My liefde, en die kosbaarste van al My skeppings.

Kyk, Ek is nie willekeurig nie; Ek het alles baie presies beplan!

Jy vra waarom het Ek dit alles gedoen? Waarom het Ek al die moeite gedoen om `n Heelal vir jou te skep? Die antwoord is, Ek is die Elohey van liefde, en My liefde is betroubaar. Jy is as `n spesiale doelwit vir My liefde geskep! Ek het jou gemaak sodat Ek jou kon liefhê. Dit is `n waarheid waarop jy jou lewe kan bou.

Elohey sê: ‘’Luister na My……julle vir wie Ek gedra het van julle geboorte af, wat Ek vasgehou het vandat julle daar is. Ook tot in julle ouderdom is Ek jou Jahweh, tot in jul grysheid sal Ek julle dra. Ek het julle gemaak en Ek sal julle vashou, julle dra en julle red.

Bertus:

As daar geen Elohey was nie, sou ons almal ‘’ongelukke’’ wees, die gevolg van `n astronomiese willekeurige toeval in die heelal. Dan sou ons maar die Woord eenkant kon sit, want daar sou geen doel of betekenis of belang in ons lewe wees nie. Daar sou geen reg of verkeerd en geen hoop buiten ons kort jare hier op aarde wees nie. Maar dank die Vader, daar is `n Elohey wat ons vir `n rede gemaak het en ons lewe het `n diep betekenis. Ons ontdek die betekenis en doel eers wanneer Elohey die verwysingspunt in ons lewens word.

Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205