SEISOENE VAN OORVLOED
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.


BOODSKAP 22 op 25 SEPTEMBER 2013 om 03H00
DIE DAG VAN JAHWEH IS NABY.
Daar kom `n tyd, en dit is baie naby, dat Ek Jahweh die volle beheer en rentmeesterskap wat weens die mens se sondeval van My vervreem en deur die Bose geroof is, gaan terugneem. Dit sal `n tyd van geweldige verdrukking, van angswekkende oordele en van rou wees.
Julle lees in Joël 1:15: ‘’Ag die dag! Want naby is die dag van Jahweh, en Hy kom soos `n verwoesting van die Almagtige’’ Dan vervolg die profeet so:
‘’Blaas die ramshoring in Sion, en `n oorlogskreet in die Berg van My Apartheid! Laat al die inwoners van die aarde lewe, want die dag van Jahweh kom, want hy is naby. (Joël 2:1)
Geen mens mag die erns van die tyd waarin julle leef, onderskat nie. Hierdie dinge gebeur omdat Ek Jahweh dit toelaat. Kyk, My Woord bevestig dit oor en oor, maar Ek Elohey gee ook aan julle die tweede asem in hierdie laaste dae waarin julle leef. Ja, dit is `n spesiale salwing wat julle in staat sal stel om te volhard tot op die laaste oomblik.
Kyk, om julle leef baie gelowiges waarvan Ek Jahshua gesê het: ‘’Die liefde van die meeste het verkoel’’ Hulle is die mense wat terug gaan sit het en net maar bestaan; ja, die lewe wat daar in My is, het by hulle verbygegaan.
My liewe kinders, wanneer julle die dinge beleef wat volharding vereis, sal vreugde julle help om dit te verduur. As julle wil volhard tot die einde toe, is dit nodig dat julle oë op die wenstreep, waar Ek Jahshua vir julle staan en wag, sal hou.
Kyk, julle is nie burgers van hierdie wêreld nie, maar net vreemdelinge en bywoners, julle burgerskap is by My in die hemele. Maar onthou, Ek Elohey heers oor die hele skepping en gaan terugkeer aarde toe vir `n oorwinnende sterk bruid – `n bruid sonder vlek of rimpel.
My liewe kinders, raak ontslae van die gees van swaarmoedigheid en trek die kleed van lof aan. Ja, sterk lof wat uit jou gees vloei, sal die mag van die bose in die lug verbreek en `n vars salwing meebring.
‘’Staan op, word verlig; want jou Lig kom, en die Glansrykheid van Jahweh gaan oor jou op’’
‘’Want kyk, die Duisternis sal die Aarde oordek en groot donkerheid die gemeenskappe; maar oor Jou sal Jahweh opgaan, en Sy Glansrykheid sal oor jou gesien word’’ (Jesaja 60:1-2)
Ja, My heerlikheid rus op diegene wat My gehoorsaam en volhard tot die einde toe. Hierdie donker tyd is nie `n tyd om swaarmoedig te word, nie, maar dit is `n tyd van oorwinning. Julle moet onthou en in gedagte hou dat die vyand al hoe harder sal probeer om julle skade aan te doen of heeltemal te laat misluk, maar Ek Elohey gee aan julle `n moedige gesindheid om julle in staat te stel om julle verantwoordelikheid in hierdie eindtye na te kom.
Julle het dus `n taak om te vervul; Staan op, word verlig! Dit is My Jahweh se dag!
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205