SEISOENE VAN OORVLOED
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

BOODSKAP NO: 15 aan Bertus Hanekom op 16 SEPTEMBER 2013, om 01H00

WAT DIE MEESTE SAAK MAAK.

Die lewe draai grootliks om liefde.

Omdat Ek, Elohey liefde is, is My belangrikste les vir jou op aarde dat jy moet leer hoe om lief te hê. In jou liefde is jy die meeste soos ek, dus is liefde die grondslag van elke opdrag wat Ek jou gee: ‘’ Die hele wet word in hierdie een gebod saamgevat: ‘’Jy moet jou naaste liefhê soos jouself’’

Kyk, Petrus sê: ‘’Julle moet alle mense respekteer en julle medegelowiges liefhê.’’ Paulus beaam dit: ‘’Solank ons die geleentheid het, moet ons dus aan almal goed doen, veral ons medegelowiges.

Ja, jy vra, waarom dring Ek, jou Hemelse Vader daarop aan dat ons veral ons medegelowiges moet liefhê en meer aandag aan hulle moet skenk? Waarom kry hulle voorkeur wat liefde betref? Dit, My liewe kind is omdat Ek wil hê My familie moet meer as enigiets anders vir My liefde bekend wees. Liefde vir mekaar – nie jou doktrinegeloof nie – is jou grootste getuienis voor die wêreld. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.

In die hemel gaan jy My, Elohey se familie vir ewig geniet, maar hier op aarde lê daar eers `n gedugte taak voor om jou op die ewigheid van liefde voor te berei. Ja, Ek wil hê jy moet gereeld in noue verbintenis met ander gelowiges leef, sodat jy liefdesvaardighede kan ontwikkel. G’n mens kan in isolasie leer liefhê nie. Jy moet naby mense wees.

Liefde behoort jou hoogste prioriteit, eerste doelwit en grootste ambisie te wees. Liefde is nie `n goeie deel van jou lewe nie, dis die belangrikste deel. `n Ander rede waarom Ek sê jy moet die liefde jou heel grootste prioriteit maak, is omdat dit vir ewig hou en is! ‘’……. Geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde.’’

‘’Liewe kinders, julle liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid.’’ Verhoudings kos tyd en inspanning, en die beste manier om liefde te spel, is T-Y-D.

Die wese van liefde is nie wat jy van ander dink of vir hulle gee nie, nee, dit is hoeveel jy van jouself gee. Kyk, die liefde beteken dat jy iets prysgee – dat jy jou voorkeure, gemak, doelwitte, sekuriteit, geld, energie of tyd tot voordeel van iemand anders prysgee.

My liewe kind, as jy jou liefde wil uitdruk, moet jy dit liewer nou doen. Want jy weet nie hoe lank jy nog die geleentheid gaan hê nie, en môre is nie vir jou gewaarborg nie.

In die wete dat jy eendag voor My, jou Elohey gaan staan is hier `n paar vrae waaraan jy moet dink: Hoe gaan jy daardie kere verduidelik toe projekte of dinge vir jou belangriker as mense was? Met wie moet jy meer tyd begin deurbring? Wat moet jy uit jou skedule weglaat om dit moontlik te maak? Watter opofferings moet jy maak?

Liefde is die beste gebruik van die lewe. Tyd is die beste uitdrukking van liefde. Nou is die beste tyd om lief te hê.

Amen


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205