Boek 28 - Die Geheim van Menswees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

DIE AANLEIDING TOT DIE ONTSTAAN VAN DIE SKEPPING
B.D.7770 - 12 Desember 1960
U menswees is die gevolg van u afvalligheid van My, voorheen in die geestelike Ryk. Dit is al verskeie kere aan u uitgelê dat u self die aanleiding gegee het tot die ontstaan van die aardse skepping, waarin u as "kroon van die skepping', weer die oertoestand moet bereik, wat u eens vrywillig weggewerp het.
U self het My daartoe beweeg om die aardse skepping te laat ontstaan, want Ek het vir u `n weg gesoek en gevind om terug te keer tot My. En dit is hierdie weg deur die materiële aardse skeppingswerke; terwyl die laaste stadium op hierdie weg oor die aarde, u bestaan is as mens. Want nou moet u weer die vrywillige terugkeer tot My aanvaar, soos wat u uself eens vrywillig van My verwyder het.
U was oorspronklik goddelike wesens, wat as teken daarvan steeds `n vrye wil besit het; en die bestaan as mens gee u die moontlikheid om u goddelikheid te bewys. En dit gee ook vir u die geleentheid om u vrye wil weer na My te wend, dus weer in verbinding met My te tree. Want dan het die aardse skeppings hulle doel vervul en het die "werk van terugvoering" tot stand gebring, wat My plan is sedert die Ewigheid.
En so moet u alle skeppings om u heen beskou as gevolg van u verset teen My, maar ook as middel om My weer te leer ken. U moet die skeppings begryp as `n "uiting van My liefde" vir U, wat Ek nie wil verloor nie; en u moet weet dat My onoortreflike wysheid die skepping as die sekerste middel erken om u weer terug te wen.
En u sal ook eenmaal self die weg wat u deur die skeppings afgelê het kan oorsien, en dan bomate dankbaar wees vir die barmhartigheid wat My eindelose liefde aan u verlore gegane wesens skenk. Dan sal die skepping vir u geen kluistering meer wees nie, maar die grootste bewys van My liefde. En dan sal u self weer wil deelneem aan die skep van dinge, om die geestelike weer die moontlikheid te bied tot die uiteindelike terugkeer tot My.
Want net soos My liefde My tot skepping beweeg, so sal ook die liefde u nie laat rus nie. U sal dan die krag wat van My na u toe stroom, benut volgens My Wil, en u sal skeppend en vormend besig wees tot u eie geluksaligheid. Maar daartoe behoort `n bepaalde graad van geestelike rypheid, wat u uself reeds in die aardse lewe kan verwerf, as u slegs u vrye wil op die korrekte manier gebruik, en u uself na My toe keer. Want dan keer u siel terug tot die Oerbron van lig en krag, vanwaar u eens uitgegaan het. En dan kan u onbegrensde krag en lig ontvang, dan sal u naas My skep en kan werk, en salig wees.
En so beteken die skeppingswerke enersyds nog `n dwang vir die onryp geestelike, maar vir die vrye geestelike die moontlikheid om in liefdesdade werksaam te wees en die onverloste te help. Die skeppingswerke is enersyds self die geestelike wat nog gekluister is, en tog help hulle andersyds die geestelike tot vrywording, omdat alle skeppings hulle bestemming moet nakom, naamlik dit, sodat die daarin gebonde geestelike kan vry word.
En die verloste geestelike wat in die "lig" staan, weet daarvan en is in sy liefde voortdurend besig om volgens My Wil nuwe skeppings te laat ontstaan. Hy neem deel aan die skepping, omdat hy ook My heilsplan van die Ewigheid ken, en wil meehelp met die terugvoer van al die geestelike na My toe. En daarom moet die materiële skepping as die ryk van My teenstander beskou word, want dit berg al die nog nie verloste geestelike in homself.
My teenstander kan die geestelike gedurende die tyd van sy gebondenheid nie beïnvloed nie; terwyl die ligwêreld die geestelike kan bystaan en wat steeds weer by die vrywording kan help. - Dog die mens het weer sy invloed te vrees, maar hoef slegs sy wil korrek te rig en dit na My toe te wend, en Ek sal hom aanneem en waarlik uit die hande van My teenstander ontruk.
Maar hierdie wilsproef moet die mens self aflê, hy word nóg deur My, nóg deur My teenstander ten opsigte van sy wil gedwing. Hy moet self sy goddelikheid bewys, deurdat hy na die lig verlang, waarvan hy eens uitgegaan het.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205