Boek 28 - Die Geheim van Menswees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 31

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

NAKOMELINGSKAP – DIE SIELE WAT IN ONGEDULD WAG
B.D. 2795 - 2 Julie 1943
Tallose siele wag vol ongeduld op die beliggaming as mens, daarom moet nuwe geslagte steeds weer ontstaan. Daar moet steeds weer mense gebore word waarin die siele hulle verblyf kan neem, gedurende hulle laaste ontwikkelingsperiode op hierdie aarde.
En daarvoor is die bereidwilligheid van die mense op aarde altyd weer nodig, sodat `n siel haarself kan inkarneer, en is tewens `n daad van liefde tot die onverloste, wanneer die mense `n siel geleentheid gee tot laaste beliggaming op aarde. En daarom moet die wil om `n nuwe lewe te verwek, aanleiding wees tot elke verbinding tussen man en vrou. Maar ontbreek hierdie wil, dan word `n wellustige funksie uitgeoefen, wat egter slegs die verwekking van `n menslike lewe ten doel het. En daar word op die gebied baie gesondig, dit wil sê, die Goddelike wil word nie meer in ag geneem nie. Die liggaam word nie vir sy eintlike opdrag gebruik nie en die gevolg daarvan is, dat baie siele vergeefs wag en hulself nie kan beliggaam nie, ofskoon hulle die graad van ontwikkeling wat `n beliggaming toelaat, bereik het. Hierdie siele hou hulself op in die nabyheid van die aarde en probeer om mense aan te spoor om hulself te verenig, wat meestal die geval is as die mense in liefde verbonde is. Die liefde moet die dryfkrag wees tot `n verbinding waarvan `n nuwe lewe uitgaan. Die liefde tussen twee mense is noodsaaklik, as die tot lewe gewekte siel die moontlikheid wil hê om in die kort tydjie op aarde `n rypheid te verkry wat `n ingaan in die ligryk toelaat.
En `n verbinding sonder liefde gee siele geleentheid tot beliggaming waarin verkeerde neiginge nog sterk oorheers, en hulle het daarom in die aardse lewe `n buitengewone stryd om hierdie neigings te oorwin. Die wil van die mens om nakomelinge te verwek is ook meestal verbonde met liefde vir mekaar, dit is vir die geïnkarneerde siel van groot voordeel wanneer die liefde oorheers, omdat die liefdesvonk dan ook in die nuutgebore wese oorspring - en wat nou veel makliker tot sielerypheid op aarde kan kom.
Die poging om die verkryging van nakomelinge egter te verhinder, kan vir die siel wat haarself wil beliggaam, ook sover nadelig wees, dat hierdie instinkmatigheid van die mense nou ook dieselfde dwang in die nuwe wese versterk en sy siel voortdurend `n stryd daarteen het. Kom hierdie siele egter nie tot beliggaming nie, dan hou hulle hulself tog op in die nabyheid van mense en beywer hulle, dit wil sê, hulle probeer om op die mense in te werk om hulself te verbind, ten dienste van voortplanting. En begryplikerwys sal die liggaamlike neiginge dan steeds oorheers, omdat die siele volgens hulle eie geneigdheid trag om op die mense in te werk. Hulle wil dus suiwer liggaamlike begeertes oordra om geleentheid te skep om hulself te beliggaam.
`n Enorme verantwoordelikheid lê daarom by die mense wat hulself instinkmatig verbind sonder liefde. Hulle is omgewe deur siele wat hulself wil beliggaam en lok deur hulle begeertes siele met dieselfde neiging aan, wat van hulle kant die ongeremde momente benut om verblyf te neem in `n nuwe verwekte wese, wat nou sy aardse loopbaan as mens begin.
Meestal is daar oorwegend meer van hierdie siele, omdat die getal van diegene wat deur liefde en `n bewustelike wil, nakomelinge in die lewe laat kom, baie gering is. En daarom dwaal die menslike geslag ook steeds meer af van die geestelike, omdat daar maar weinig liefde is onder die mense, wat die lewenslig ook sonder liefde aanskou het.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205