Boek 28 - Die Geheim van Menswees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 29

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

MATERIËLE INSTELLING
B.D. 5705 - 22 Junie 1953
U mense het u blik tot die wêreld gewend en u streef slegs na aardse skatte. U soek net om die liggaamlike begeertes te bevredig en u beweeg uself maar net op `n gebied waarin die materiële oorheersend is, maar al die geestelike swyg u dood. U liggaam is egter maar net die omhulsel van wat bestaande bly na die liggaamlike dood; u liggaam is maar vir `n kort tydjie die woning vir u siel. Dit is die siel wat deur die aardse lewe tot rypheid moet kom, wat u egter, deur u verlange na die materiële, gebrek laat ly en dit daarom in kommerwekkende toestand die geestelike Ryk laat binnegaan.
Die materiële wêreld is die ryk van die gekluisterde geestelike, waar u as mens wel in woon, maar wat u laaste stadium is vir die binnegaan in die geestelike Ryk. Solank die wêreldse gees in u nog so sterk is dat u steeds na aardse goedere verlang en slegs ywer en werk vir die wêreld, solank is u `n slaaf van die materie. Terwyl u dit as "Heer van die materie" tog moes oorwin het. U gebruik al u lewenskrag maar net om die ryk van God se teenstander te versterk, wanneer u die wêreld en haar goedere nastreef.
U moet egter u lewenskrag benut om vir u geestelike goedere te versamel, om skatte te verwerf vir die ewigheid. U moet vrywillig afstand doen van goedere wat verganklik is, wat eenmaal van u weggeneem word en wat u nie kan saamneem na die ewigheid nie. U moet dus u lewenskrag gebruik om onverganklike goedere vir u te verwerf waarmee u kan werk in die geestelike Ryk, wat vir u `n rykdom beteken wat u waarlik salig sal maak.
U staan hoër as alle materiële skeppings, want dit is slegs geskape sodat dit u ten dienste kan staan in u voleinding. U mense ontken egter die waarde en streef die wêreld na, in plaas van om te erken dat dit hinderlik is vir u geestelike ontwikkeling. U dien die materie in plaas van dat die materie u dien, u laat uself deur haar beheers, en word tot slaaf van die materie.
En dit beteken dat u u siel voorberei vir die dood, dat sy deur `n sterk omhulsel omgewe is wanneer sy in die ryk hierna ingaan. Dat geen ligstraal die omhulsel kan deurbreek nie en die siel ontsaglike lyding moet ondergaan totdat die omhulsel opgelos is. En dit kan ewighede duur wanneer die omhulsel tenminste nie meer en meer verhard nie, en dat vir die siel geen uitsig meer bestaan om van die omhulsel bevry te word nie.
U mense weet nie wat u u siel aandoen as u so materialisties ingestel is waar u maar net trag om wêreldse goedere te verkry nie. Erken tog die verganklikheid van hierdie goedere wat u omgewe en dink aan wat onverganklik is. Leef u aardse lewe nie tevergeefs nie, want dit is alleen u gegee vir die rypwording van u siel. Dit is die geestelike in u wat slegs "geestelike voedsel" kan gebruik om haarself te ontwikkel, om sonder omhulsel die liggaam te kan verlaat wanneer u uur gekom het. Dink daaraan dat al die aardse sal vergaan.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205