Boek 28 - Die Geheim van Menswees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 32

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

DIE BESTEMMING VAN DIE MENS
B.D. 6100 - 6 November 1954
Die bestemming van die mens is die rypwording van sy siel op aarde. `n Geestelike rypwording is aan u as doel gestel, waarna u in vrye wil moet strewe. U kan dit ook volbring om aan die einde van u aardse lewe geskik te wees vir die ryk hierna. Baie min mense neem egter hierdie onweerlegbare waarheid aan en stel hulle lewenswyse daarop in. Die merendeel van die mense is nog geestelik blind en hulle laat hulself nie oorhaal wanneer hulle nader aan die waarheid gebring word nie. Hulle siel het nog `n lae ontwikkelingsgraad, maar hulle doen niks om dit te verhoog nie. Hulle glo nóg aan `n lewensdoel van die geskapene op aarde* nóg aan `n Skepper, en trag ook om geen opheldering te verkry oor wat baie belangrik is nie, byvoorbeeld wat met hulle sal gebeur wanneer hulle die aardse liggaam verlaat het. Hulle glo dus ook nie aan `n voortlewe na die dood nie. Maar hulle ongeloof neem nie hulle verantwoordelikheid weg nie. Hulle het `n vrye wil en word nie tot ongeloof of hulle instelling teenoor God gedwing nie, aan Wie hulle hulself kon oorgee om dan deur `n korrekte houding teenoor God geleidelik deur Hom gelei te word in hulle denke en handelinge. Want elke mens kan homself tot God wend en het vir sy afwending van Hom geen andere verontskuldiging as die, dat hy nie wil nie. Want sodra hy die waarheid wil weet, word dit ook vir hom gegee, en dan herstel die mens self weer die korrekte verhouding tot God.
Dat die mense so verskillend dink en wil, lê in hulself, want die verlange na die waarheid waarborg ook die korrekte denke. Daarom moet elkeen homself afvra hoeseer hyself na die waarheid verlang. Neem hy alles onverskillig as geloofwaardig aan wat hom gebied word, dan het hy self geen verlange na die waarheid nie, want anders sou hy dit ondersoek het. En weer hy alles af wat hom aangebied word, dan kan dit eweneens onverskilligheid wees teenoor die waarheid wat hy nie soek nie, en daarom ook nooit as waarheid sal herken nie.
Wanneer die mens onwetend is en geestelik blind voortgaan, is dit sy eie skuld, omdat in hom geen verlange na die waarheid is nie. En geen mens kan homself verontskuldig dat hy nie weet wat waarheid is en dat hy dit self nie kan beoordeel nie, om welke rede hy alles afwys. Dit is wel nie moontlik om met kennis uit homself die waarheid te ondersoek nie, omdat net sy verstand nie so 'n ondersoek kan onderneem nie, en hy God se hulp daarvoor moet vra.
Maar sodra hy homself tot God Self wend om hulp en om geestelike opheldering, sal hy ook duidelik waarheid van dwaling kan onderskei. Daarvoor is die geloof in God egter nodig, en selfs die verstand sal die geloof kan aanvaar, as die wil van die mens goed is. - Want die gehele skepping getuig van die aanwesigheid van `n wyse en almagtige God en Skepper, en vir hierdie skeppende Gees van die ewigheid sal dit moontlik wees om hulp bied aan elke wyse en denkende mens wat die waarheid wil binnedring. Die mens sal ook spoedig opheldering ontvang oor sy bestemming op aarde en hy sal dan sy lewensloop die korrekte betekenis toeken en nie meer ligvaardig verder lewe nie. Hy sal dan oor die verantwoording van sy siel bewus wees en trag om haar tot die hoogste moontlike volmaaktheid te bring.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205