Boek 28 - Die Geheim van Menswees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

DIE SIEL IS DRAER VAN ALLE SKEPPINGSWERKE
B.D.2344 - 24 Mei 1942
Die sielesubstansies is as resultaat van hulle samestelling `n bomatige fyn gekonstrueerde produk, wat op die mens `n toweragtige indruk sou maak as hy dit kon sien. Want daar bestaan niks wat daar nie in te vinde is nie. Alles wat aanwesig is in die algehele skepping is in `n oneindige verkleining in die siel te vind, omdat die afsonderlike substansies elke skeppingswerk deurleef het en daardeur ook elke deurleefde vorm vashou. Hulle vergroot hulleself deur `n gestadige aaneensluiting, sodat die totaalbeeld steeds verander en homself vervolmaak.
Maar die bevattingsvermoë van die mens is nie toereikend om al hierdie skeppingswerke vir homself voor te stel nie, ofskoon hy oorweldigend deur die wysheid en die almag van die Skepper eenmaal die beeld sal aanskou wat hom die wonderlikste heerlikhede sal onthul. En die geringste en onopvallendste skeppingswerk berg weer in homself duisende van miniatuur skeppings waarin wederom alles is wat in die groot skeppingswerk van God verteenwoordig is.
En die menslike siel is draer van al hierdie skeppings, dit wil sê, hulle is saamgestel uit ontelbare substansies waarvan elkeen reeds haar bestemming in die skepping vervul het en waardeur hulle hulself mag aaneensluit vir die laaste groot opgawe: Om as menslike siel die eindelose lang weg oor die aarde te beëindig. Want daar is geen wonderwerk in die hele oneindige skepping, so bomatig pragtig saamgestel, as die menslike siel nie. En dit is `n bewys van haar volmaaktheid wanneer sy haarself asof in `n spieël kan aanskou en dan haar eie heerlikheid besef, dit wil sê, wanneer sy haarself in die stralendste lig sien in `n baie keer duisendvoudige vorm en gedaante. En die selfbeskouing sal haar onsegbaar salig maak, omdat die aanskou van die hele skeppingswerk, `n oorweldigende skoonheid vir haar beteken.
En nooit sal dit tot `n einde kom met haar beskouinge nie, want steeds weer vorm die beeld homself opnuut. Steeds weer kom nuwe skeppingswerke te voorskyn wat steeds weer toweragtiger op haar oorkom. Want die heerlikhede van God het geen einde nie, dus ook nie dit wat God se Liefde Sy skepsele wat volmaak is en sodoende in die "lig" staan, aanbied nie.
Hulle sal steeds en voortdurend Sy Liefde bemerk en daardeur ook voortdurend toenemende geluksaligheid ervaar.
Daar sal geen einde daaraan kom nie, geen begrensing van dit wat die geestelike oog mag aanskou nie. En daar sal ook niks onveranderd bly bestaan, wat vir die wese `n salige toestand beteken nie. Want sonder ophou word hierdie salige toestand verhoog, waarvoor voortdurende veranderinge nodig is van dit wat die geestelike oog van die siel aangebied word.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205