|
Boek 28 - Die Geheim van Menswees BERTHA DUDDE
Hoofstuk 13
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35. |
|
|
WAT IS DIE SIEL? B.D. 6647 - 17 September 1956 Volledige onwetendheid heers nog oor sulke probleme waar die menslike verstand nie toereikend is om dit op te los nie, waar die gees van God aan die werk moet wees Wie se werk egter selde erken word. Want slegs Hy mag `n duidelike antwoord gee, wanneer vrae gestel word wat gaan oor onopgeloste probleme. Maar ook die resultate van sulke aktiwiteite van die gees, wat tog slegs beantwoord aan die waarheid, word betwyfel, en van watter aard `n vraag nou ookal mag wees - sal die antwoord altyd net korrek wees wat God Self aan die mens deur Sy Gees ingee. Die gees mag mens egter nie verwissel met die verstand nie, want die verstand kan net so goed ook die verkeerde rigting ingaan. Daar is geen waarborg gegee dat verstandelike resultate met die waarheid ooreenstem nie, anders sou soveel menings nie veld probeer wen nie - wat alle aanspraak maak op die waarheid en wat slegs deur die verstand verkry kan word. Die gees is egter die straal wat van die Ewige Waarheid Self uitgaan en opheldering gee, dit wil sê, insig in dit wat die verstand slegs aanneem, maar waarvan geen bewys gegee kan word nie. God se gees gee egter die volste innerlike oortuiging en `n nie te betwyfelde opheldering, ook sonder gebruikmaking van die verstand. Vir geen mens sal die begrip "siel" begryplik gemaak kan word wat homself nie reeds `n klein sprankie van geestelike kennis verwerf het nie, want die siel is iets geestelik. Sy is nie aards of stoflik nie, en kan daarom ook maar net geestelik verklaar word. Die siel is die fluïdum (uitwaseming – uitstroming) wat die liggaam, die omhullende vorm, eerstens die lewe gee. Die siel is dus die "eintlike ek" van die mens en kan nie gesien word nie, maar is altyd aanwesig, solank die een of ander krag homself uitdruk in hierdie uiterlike vorm. Die mens is geen ek-bewuste wese alvorens die siel nie in hom aanwesig is nie. Die siel is die eertydse van God uitgestraalde krag wat Hy as iets wesenlik buite Hom gestel het, en wat Hy `n selfstandige lewe gegee het. Daardeur was die wese uitgerus met `n vrye wil en was tot denke bekwaam. Dat en waarom die siel, naamlik die wesenlike, nou in die aardse lewe in die menslike liggaam huisves, is `n kennis op sigself. Maar eerstens moet u daarop gewys word dat die siel die oorsaak is dat die mens dink, voel en kan wil. Verder moet dit uiteengesit word dat die siel die stimulant is van alle organe, dat elke handeling van die liggaam, elke wilsimpuls en alle gevoelens die uiting is van die siel wat haar in die liggaam bevind. Wat op haarself iets geestelik is wat met die menslike oog nie te aanskou is nie, wat egter wanneer sy gesien sou kan word, heeltemal gelyk is aan die menslike liggaamlike omhulsel. Dit is dit wat na die dood van die liggaam bestaande bly, en dan ook aanskou kan word deur siele met `n bepaalde graad van rypheid, wat geestelike aanskouing moontlik maak. Dit kan ook nie verklaar word as die een of ander stoflike substansie wat tot die liggaam behoort nie. Dit is en bly geestelike substansie, dus `n geestelike uitstraling van God wat op aarde haar doel moet vervul. Dit is ook onkwetsbaar en onverganklik, kan haarself egter van ander siele onderskei deur die straling van haar "lig", en die bedoeling van die aardse lewe is om die liggraad te verhoog wat haar eens vrywillig verduister het. Dit is vir geen mens moontlik om die wese van die siel te verklaar, wat haar suiwer wetenskaplik wil ondersoek nie, omdat die siel nie met die menslike verstand te begryp of te deurgrond is nie. Dit is en bly krag uit God, Wie se Wese eweneens ondeurgrondelik is en sal bly, maar wat nie deur menslike denke ontken kan word nie. Dus is die siel die "eintlike ek" van die mens wat nie gedefinieer kan word nie, dit is, en tog nie bewys kan word nie. Wat aan die liggaamlike organe die funksies aanwys, wat egter ook kan bestaan sonder die liggaam. Terwyl aan die ander kant die liggaam sonder siel heeltemal lewenslose materie is, ofskoon alle organe nog onveranderd is. Want die lewe ontbreek so gou as wat die siel die uiterlike liggaam verlaat, omdat die liggaam mis wat hom tot werksaamheid aansit. - wat die organe aandryf tot die vervulling van hulle funksies, wat in vrye wil rigtinggewend inwerk op die denkorgane en wat elke gevoelsopwelling in die mens teweegbring. En die denkende, willende en ook voelende iets, die siel, beweeg haarself na die dood in ander sfere, maar is steeds dieselfde wese wat die liggaam voorheen bewoon het. En sy kan daarom in die ryk hierna ook herken word, waarvoor dan egter `n bepaalde graad van geestelike rypheid vereis word. AMEN
|
|
|
|
|