Boek 28 - Die Geheim van Menswees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

DIE ARBEID AAN DIE SIEL
B.D. 3661 - 19 Januarie 1946
Ondersoek uself, erken u swakhede en probeer om hulle te oorwin. Dit is die arbeid aan u siel; dat u probeer mens word wat in My ordening bly, volgens My Wil lewe en uself tot liefde vorm. Want elke swakheid, elke tekortkoming en ondeug het sy oorsaak in liefdeloosheid en eieliefde.
Sagmoedigheid, vredeliewendheid, ootmoed, geduld, barmhartigheid en regverdigheid is tekens van die naasteliefde. En wanneer u hierin tekort skiet is u nie met liefde vervul nie, en moet dan ywerig arbei aan uself. Maar daarvoor moet u self eers u swakhede en gebreke as sodanig erken, en daar is ernstige selfkritiek voor nodig, `n ernstig besinning op en regstel van u houding tot My en u medemens.
Vir My moet u as Vader respekteer, ook elke mens egter as broer en suster - omdat u almal "kinders" is van `n Vader. En My kinders moet mekaar liefhê, dan sal hulle ook My welgevalle ten deel val en Ek sal Self by My kinders kan vertoef. Elke ondeug hou My teë en dit is slegs tot u nadeel, want sonder My en My teenwoordigheid bly u swak en onvolmaak en kan u nie u doel op aarde bereik nie.
U doel is volmaaktheid, verandering tot liefde, verandering van u wese tot die oertoestand wat u vrywillig opgegee het. Want slegs die oertoestand is geluksalig en solank u daarvan vervreem is, is gebrekkigheid, onwetendheid en kragteloosheid u lot op aarde, sowel as ook in die geestelike Ryk.
Ek wil u weer die geluksaligheid verskaf en vermaan u daarom voortdurend dat u dit nastreef. Dat u die omvormingsarbeid van u wese ernstig ter hand neem, dat u deur innerlike oordenking leer insien hoe weinig u denke en handeling met My Wil ooreenkom, wanneer u nog in die eieliefde volhard.
En daarom moet u uself beywer dat u hierdie gebrekkige toestand verander, dat u die liefde beoefen waar en wanneer u die geleentheid gebied word. Want slegs deur die liefde kan u salig word, slegs deur die liefde kan u u tekortkominge en ondeugde bemeester. En wanneer u die liefde nog nie in u voel nie, vorm u dan verstandelik tot regdenkende mense. Wees sagmoedig, vredeliewend, ootmoedig en geduldig en soek altyd om u medemens te help.
Want dan sal die gevoel van liefde in u ontwaak, dit sal u gelukkig maak en u aanspoor tot liefdadigheid. En dan dryf die verstand u nie meer nie, maar die hart, en dan gaan u tree vir tree omhoog. Daarom, slaan uself gade, keer u in uself en vra uself ernstig of u korrek dink en handel, en u hart sal u dan antwoord gee.
Ook Ek self sal u te hulp kom as u uself ernstig hierdie vrae stel. Ek sal u die krag laat toekom om uit te voer wat u ernstig wil, en die arbeid aan u siel sal dan ook gunstig vooruit gaan. U sal bevrediging vind deur u onder My Wil te stel en voortdurend en verseker omhoog gaan, omdat dit dan u wil is om volmaak te word.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205