Boek 28 - Die Geheim van Menswees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

DIE WEG VAN ONTWIKKELING OP DIE AARDE
B.D. 7800 - 18 Januarie1961
Toe die aarde geskape was, kon tallose geestelike substansies hulself in haar skeppingswerke beliggaam, en het hulle in hulle ontwikkeling langsaam omhoog gestyg. Want die skeppings beantwoord aan die weerspannigheid wat in die geestelike, nog ongebroke, maar verskillend in sterkte was. Die skeppingswerke bestaan min of meer uit harde materie, want ook die aarde ontwikkel haarself langsaam tot die skeppingswerk wat eenmaal mense sal herberg, naamlik die geestelike wat die weg van ontwikkeling reeds so ver afgelê het, dat alle substansies van `n eens gevalle oergees homself weer sal versamel, en wat weer die “ek- bewussyn” en die vrye wil terug ontvang het.
Maar voordat die geestelike in die stadium kan binnegaan, het eindelose tye verloop, want die aarde het hierdie tye nodig gehad om al die skeppings voort te bring, wat die gevalle geestelike nodig gehad het vir `n opwaartse ontwikkeling. En daarom moet die mens weet dat hy al eindelose tye op hierdie aarde vertoef het en dat die stadium as mens die beëindiging is van `n ontwikkelingsweg wat sy vrye wil nou kan afsluit.
En hy moet ook weet dat hierdie eindelose lang weg eenmaal terugblikkend aan hom getoon sal word, maar dat hierdie herinnering aan vroeër, van hom as mens weggeneem moes word, omdat dit oor sy vrywillige terugkeer tot God gaan, wat hy nou as mens moet voltooi. Beskou hy egter die tallose wondere van God se skepping om homself heen, dan moet hy ook daaroor nadink welke doel dit te vervul het. En dit sal aan hom in sy hart verduidelik word en hy sal iets vermoed, as die algehele kennis daaroor nog nie vir hom ontsluit is nie.
Hy moet probeer om die Wese van die Skepper te deurgrond, dit wil sê, oor sy verhouding tot Hom opheldering verlang. En hierdie opheldering sal hom ook gegee word, omdat dit in die aardse lewe daaroor gaan dat die mens die verbinding met God, wat hy eens vrywillig opgegee het, weer herstel. Want dit was die “val” van die geeste, wat hulleself opsetlik van God losgemaak het.
Daarom moet hulle nou as mens, in die laaste stadium van hulle weg terug tot God, vrywillig weer die verbinding met Hom herstel om die doel van hulle aardse bestaan te vervul.
Dat die skepping vir die grootste deel daartoe bygedra het om die gevalle wesens weer terug te bring, sal u mense eers kan begryp wanneer u hierdie terugkeer volbring het. Want nooit sou dit vir u moontlik wees om weer hoër op te kom, wanneer die Goddelike Skepper u nie aan die mag van Sy teenstander, wat u val na die diepte veroorsaak het, ontwring het nie; as Hy u nie van sy invloed onttrek het gedurende die eindelose lang tyd, waarin u as die kleinste sieledeeltjies ingelyf was in die skeppingswerke nie.Gedurende hierdie tyd het Sy teenstander geen invloed op u gehad nie, maar tog behoort u nog tot hom, omdat u hom eens vrywillig gevolg het na die diepte. Maar omdat u as gevolg van u afvalligheid van God, heeltemal sonder lig en krag was, sou die weg terug tot God onmoontlik vir u gewees het. Daarom het God Self hierdie weg terug, deur al Sy skeppingswerke vir u geskape, wat in onoortrefbare wysheid en eindelose liefde so gevorm was, dat dit die geestelike die moontlikheid bied om op die een of ander wyse te dien. En deur te dien kon u uself tot `n steeds hoër geestelike rypheid ontwikkel.
Die geestelike deeltjies wat aan die gevalle oergees behoort het, versamel hulself weer en tree nou, in `n sekere rypheid, hulle laaste vorm binne. En hulle mag nou, as mens, `n kort tydjie oor die aarde gaan en moet weer in vrye wil en uit liefde dien. Want dit is die aardse lewensdoel van elke siel wat in die mens beliggaam is, dat sy haarself deur `n bedienning in liefde van alle vorme kan verlos. Dat sy dus as die vrye gees, wat sy in die begin was, weer ingaan in die geestelike Ryk, wanneer haar lewe op aarde ten einde is.
Maar sy bewerkstellig hierdie vergeesteliking nie deur eie krag nie, want die oersonde van vroeër belas haar en druk haar steeds weer neer, dit wil sê, God se teenstander het tydens die aardse lewe weer die reg om sy invloed uit te oefen, omdat die geestelike hom eertyds vrywillig gevolg het.
En die gevalle oergees, die mens, sou ook weer onder sy invloed beswyk het, as `n betroubare hulp nie aan hom aangebied was nie, naamlik die verlossing deur Jesus die Christus; in Wie God Homself beliggaam het om vir al die gevallenes die sondeskuld te delg deur Sy offerdood aan die kruis.
Die volle verlossing en vergewing van sy skuld deur hierdie hulp van Jesus, die Christus is vir hom verseker, maar slegs as hy dit self wil en as hy Jesus, die Christus en Sy werk van verlossing aanvaar en Jesus as God Self erken – aan Hom, wat die oergeeste eertyds hulle erkenning geweier het.
Daarmee is aan u mense `n kort verklaring gegee oor die oorsaak en betekenis van die verlossingswerk wat u moet weet om die doel van u aardse lewe te vervul, om die Goddelike heilsplan te leer begryp wat altyd en alleen die terugvoer van die geestelike ten doel het. En die doel word ook in liefde en wysheid verwesenlik, omdat aan Hom alle mag ter beskikking staan om die doel te bereik wat Hy Hom by die skepping van die geestelike wesens gestel het.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205