|
Boek 28 - Die Geheim van Menswees BERTHA DUDDE
Hoofstuk 21
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35. |
|
|
DIE SIEL EN DIE GEESTESVONK IN DIE MENS B.D.1618 - 18 September 1940 Die siel van die mens bestaan uit die aaneensluiting van tallose sielesubstansies, dit wil sê, die versamelpunte van geestelike krag as vate wat die geestelike uit God opneem. Elkeen van hierdie tallose substansies was tevore êrens in iets anders beliggaam, dit wil sê, omhul met `n vorm wat ten doel gehad het om die geestelike te ontwikkel en die moontlikheid te gee tot `n latere aaneensluiting met dieselfde substansies: Die siel van die mens het dus in haar opgeloste sielspartikeltjies deur alle skeppingswerke gegaan en het dus as`t ware ryp geword vir haar allerlaaste beliggaming op hierdie aarde, en sy neem ook steeds dieselfde vorm aan as die uiterlike omhulsel wat haar omsluit. Dit sou diegene wat met geestelike oë kon sien `n geweldige bekoorlike en menigvuldige beeld bied wanneer hy die siel van die mens in haar samestelling kon sien. Want dié skeppingswerk van God is weliswaar nie sigbaar nie, maar onbeskryflik, sowel in sy opbouing, as ook in sy doelmatigheid. Desondanks sou die beskrywing van die gedaante van die siel die denke van die mens slegs verwar, want hy begryp nie welke tallose wonderwerke die menslike liggaam in homself berg nie. Dit is die algehele skepping in miniatuur wat onder die siel van die mens te verstaan is, want die siel is die binneste van die mens en omvat die algehele skepping. Sy is bestem om in die aardse lewe volmaak te word om in die lofprysing tot God, die geluksaligheid van die Hemel te geniet, want die siel berg ook die Goddelike Gees in haarself. Die geestelike is weliswaar die oersubstansie van die siel in al haar ontwikkelingsfases, maar die Goddelike geestesvonk lê God Self in die as menslike geïnkarneerde siel. Hy blaas die mens Sy asem in, Hy lê in die mens die Goddelike, Hy gee die siel die opdrag om te kies vir die Goddelike of die menslike, gedurende haar laaste bestaan op aarde. Is die siel nou, die geestelike uit God wat haarself eertyds teen Hom gewend het, gewillig om haarself te verenig met die Goddelike gees, dan begin die verheerliking van wat eens van God vervreemd was en dit word weer "lig" in die menslike siel. Sy verenig haarself met die Goddelike Gees, wanneer sy al die menslike begeertes wat tot beproewing van die wil as verleiding van die liggaam aankleef, standvastig oorwin het. Wanneer sy teen alles ingaan wat die liggaam as sodanig van haar eis en haarself vrywillig onderwerp, aan wat die Goddelike Gees van haar verlang. Want dan gee die siel vir goed haar voorgaande weerstand op en sy beslis vir God. Sy stel haarself nie meer bewustelik op teen die Goddelike nie en neem die liefdesuitstraling, die krag uit God aan om die geestelike in haarself te vergroot, om die aaneensluiting van die geestelike in haarself met die geestelike buite haarself te veroorsaak - en sy streef sodoende bewustelik na die toenadering tot God. Is die liggaamlike begeertes egter oorheersend, dan sluimer die Goddelike geestesvonk in die diepste omhulling in die mens en kan geen "lig" uitstraal nie. Die siel bly in diepe geestelike duisternis en leef haar aardse lewe sonder enige resultaat, want die gees in haar is veroordeel tot `n werklose toestand. En dan is die aardse lewe geen weg tot hoëre ontwikkeling vir haar nie, maar `n tyd van stilstand, of selfs teruggang. Dan het die Goddelike geestesvonk onopgemerk gebly en kan homself nie uiter nie, waardeur die krag van die Goddelike Liefde die wese nie kon toestroom nie en dus ook nimmermeer die vereniging met die Vadergees van die Ewigheid kan plaasvind nie. En die liglose toestand wat die siel op aarde self gekies het, neem sy saam hierna in die ewigheid in. Sy oordink daar in eindelose kwelling van berou die onbenutte tyd op aarde en moet nou `n veel swaarder stryd voer, om haar toestand na `n ligvoller toestand te verander. AMEN
|
|
|
|
|