Boek 28 - Die Geheim van Menswees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 34

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

DIE LAE GEESTELIKE PEIL VAN DIE MENS VEREIS `N OMVORMING VAN DIE AARDE
B.D. 7581 - 19 April 1960
U sal geen geestelike vooruitgang meer op hierdie aarde belewe nie. Daar is `n dieptepunt bereik wat byna alle grense te buite gaan, want die mense lewe maar voort met slegs hulle sinne gerig op die wêreldse. - Hulle dink nóg aan `n geestelike lewe, nóg vra hulle hulself af of hulle wel hulle eintlike opgawe op hierdie aarde nakom, omdat hulle geen ander gawe sien as om vir hulle liggaamlike welsyn te sorg en die lewe met volle teue te geniet nie.
Dat daar mense is wat hulle dag begin met geestelik gerigte gedagtes, is seldsaam, en slegs weiniges lewe hulle aardse lewe bewustelik. Hulle word gewaar dat die mens nie slegs vanweë sy aardse lewe op aarde is nie. Hulle dink na en omdat hulle van goeie wil is, kom hulle ook geleidelik tot die insig wat die doel van hulle aardse lewe is. Maar hiervan is daar weiniges en selde slaag `n mens om sy medemens op dieselfde weg te lei en aan hom sy eintlike bestemming geloofwaardig te maak.
En daarom kan daar ook van `n geestelike dieptepunt gespreek word, waardeur daar `n verandering nodig is wat `n ontbinding van die skepping tot gevolg het, wat `n aardse en geestelike ommekeer onvermydelik tot gevolg moet hê. Weliswaar was daar dikwels tye gewees waarin die mense goddeloos geleef het, waarin daar baie onreg geskied het en sataniese drifte duidelik te sien was. Maar nou het hierdie toestand die oorhand gekry, byna alle mense lei nou `n oppervlakkige lewe, hulle vra hulself niks meer af nie, hulle het geen verantwoordelikheidsgevoel nie, hulle ontwikkel sonder geloof of hou hulself slegs besig met `n vormgeloof, wat egter heeltemal waardeloos is vir die ontwikkeling van hulle siele. En hulle dool ook rond in dwaling, in verkeerde denke, hulle is ver van die waarheid en kan dit ook nie vind nie, omdat hulle sonder liefde is.
En daaraan lê dit wat die mensdom skeel, dat die liefde verkoel het, dat die mense gladnie meer in staat is om te glo aan `n God en Skepper wat in Homself Liefde, Wysheid en Mag is en aan Wie hulle hulself eendag sal moet verantwoord vir hulle lewenswandel nie.
Die liefde ontbreek hulle en daarmee die insig dat hulle geestelik blind is en afdwaal na die afgrond. Want die einde kom onherroeplik - en daar moet eens weer orde op dinge gestel word, dan sal die opwaartse ontwikkeling weer voortgaan, want daarom bewoon die mens die aarde.
Wat vir die einde nog te red is, sal gered word, omdat die liefde van God oral ekstra help waar slegs die geringste wil tot die goeie aanwesig is. Maar dit sou verkeerd wees om daarop te reken dat die mense hulle instelling teenoor God en sy geloof sal verander. Dit sou verkeerd wees om te reken op `n geestelike ommekeer wat sigself op hierdie aarde sal voltrek. Want die mense het God se teenstander te veel mag gegee en dit benut hy ten volle.
Aan sy drifte moet eens `n einde kom, van die kant van God af moet die mag van hom ontneem word, sy tyd moet beëindig word en dit beteken ook dat alles wat aan hom behoort, netsoos hyself gekluister moet word, waardeur sy bose inwerking vir `n lang tyd gestop sal word. En dit vereis ook `n ontbinding en omvorming van die skeppings op aarde wat iets geestelik bevat, wat wederom `n nuwe skepping nodig maak - sodat `n nuwe aarde sal ontstaan, sodat die geestelike ontwikkeling kan deurgaan.
En God weet wanneer die tyd daarvoor gekom het. Hy weet wanneer die mensdom sy dieptepunt bereik het, wanneer `n omvorming van die aarde en al haar skeppings nodig is en volgens die plan van die Ewigheid sal Hy Hom ook aan hierdie tyd hou.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205