Boek 28 - Die Geheim van Menswees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

DIE TOEDRAG VAN DIE SKEPPING VAN DIE WESENS. DIE AFVALLIGHEID VAN GOD
B.D.8566 - 22 Julie 1963
Glo dat Ek u graag wil onderrig, wanneer Ek `n verlange in u bemerk na die suiwer waarheid. Van My gaan slegs "lig" uit, en die lig deurstraal die duisternis. U is egter nog in `n gebied sonder lig, waar die lig na u gebring moet word, tot u daarmee vervul is dat u weer self die lig kan laat uitstraal. U is egter bereid om My ligstrale te ontvang wanneer u opheldering begeer oor gebiede wat nog vir u donker is. Want dan kan Ek u ook opheldering gee en Ek kan u weer langsaam in `n toestand van insig verplaas, en u kennis besorg wat u salig sal maak. Dit moet helder in u word en u moet weet vanwaar u kom en wat u einddoel is. Maar hierdie kennis kan slegs Ek Self aan u gee, want Ek het u tot My eie vreugde geskape.
U het deur My Self voortgekom, want My liefdeskrag het skepsele buite My geplaas, volgens My ewebeeld wat as wesens selfstandig was, dit wil sê, Ek het hulle as `n miniatuur van My Self geskep. Ek het hierdie skepsele lewe gegee, dit wil sê, hulle kon skep en werk net soos Ek. Hulle kon ook My stem verneem en het My dus ook as hulle God en Skepper geken en was My toegewyd en bomatig salig. Maar van die voormalige ryk van die salige geeste weet u mense weinig of niks. Die ryk was egter in die eerste plek geskape omdat Ek My self in ewebeelde wou terug ken, aangesien Ek vir My houers geskep het waarin Ek My liefde kon uitgiet. Want dit was die aanleiding tot die skep van die geestelike wesens, wat deur My eindelose liefde homself wil wegskenk en homself wou uitstort in gelykgesinde wesens - wat in hulle volmaaktheid My onvoorstelbare saligheid sou berei.
Ek het tot My vreugde `n geestelike wêreld met geestelike bewoners geskep - en Ek het dit met skeppings van die wonderbaarlikste soort verlewendig en het My verheug in die saligheid van hierdie wesens. Ek het vir hulle so `n saligheid berei, omdat die liefde, wat My oerelement was en is, My daartoe gedryf het. En eindelose lang tye het hierdie geestelike wêreld in harmonie bestaan en in innige verbinding van alle wesens met My, hulle Skepper en Behouer.
Eindelose tye was hierdie wesens deur hulle wil en in hulle liefde met My verbonde, want ook die eerste geskape wese wat Ek self in alle volmaaktheid uit My voortgebring het, (Lucifer) was My in diepe liefde toegedaan. En hy het onbegrensde saligheid in die skepping van steeds nuwe wesens gevind, wat weliswaar deur sy wil, maar deur die gebruikmaking van My krag ontstaan het, wat ook volgens My Wil was. Want die liefde wat die wese vir My gevoel het, het ook `n gelyk gerigte wil as gevolg, en sodoende was daar dus in die geestelike wêreld niks onharmonieus nie. Daar was niks wat teenstrydig was aan My Wil nie, dit was `n geestelike wêreld van onbegrensde saligheid, omdat alle wesens vervul was met lig en krag, en kon skep volgens eie wil. En dit was ook volgens My Wil, solank My liefdeskrag al My skepsele deurstraal het.
Maar hierdie volmaakte toestand het nie bly bestaan nie, want Ek het hierdie wesens nie deur My Wil gekluister nie. Ek het inteendeel elke wese `n vrye wil gegee, as `n teken van hulle goddelikheid, en Lucifer - die eerste geskape, wese het ook die vrye wil gekry, - en hy het hierdie vrye wil misbruik. Hy kon dus in vrye wil besluit - dieselfde wil as Ek Self, en hy sou onbegrens salig gewees het en ook ewig so gebly het. Maar hy het die vryheid van sy wil misbruik en hom verkeerd gerig, wat `n geestelike revolusie tot gevolg gehad het met `n omvang waarvan u mense uself geen begrip van kan maak nie.
En u mense op aarde is die produkte van hierdie eertydse geestelike revolusie. Die eerste geskape wese Lucifer, met wie Ek gedurig deur die woord kontak gehad het, het net soos alle geskape wesens, die vermoë besit om te dink en was dus ook in staat om `n verkeerde betekenis aan My Woord te gee. Hy het `n vrye wil besit en kon dus ook sy denke en gevoelens verander. Hy kon uit die wet van die ewige ordening tree en heeltemal verkeerde opvattinge opstel en daardeur sowel in homself as ook in die wesens, wat by hom aangesluit het, `n gedagte verwarring aanrig, wat bomatige swaar gevolge gehad het.
Hy bring dus sy verkeerde denke oor op die wesens wat deur sy wil, maar met die gebruik van My krag, voortgebring was. Daar het `n algemene verset teen My ontstaan en die wesens het in opstand gekom teen My. Hulle het My liefdestraling nie meer sonder weerstand aangeneem nie en het daardeur verswak en ligloos geword. Hulle het hulself teen die wet van die ewige ordening verset en hulle gedagtes het sy eie weë gegaan. En daar het `n ongelooflike chaos in die leër van die oergeskape geeste ontstaan, wie nou ook moes beslis aan wie hulle wil behoort, wat `n afvalligheid van talle wesens van My tot gevolg gehad het. Maar Ek het dit nie alles verhinder nie, want Ek het daarin die weg tot `n nog groter saligheid gesien, wat Ek vir die geskape wesens kon berei. Hulle het wel in alle volmaaktheid van My voortgekom, en was egter tog nog steeds net My werk.
Nou egter, na hulle afvalligheid van My, het hulle die moontlikheid om as "kinders" tot My terug te keer waardeur hulle `n saligheid verkry wat hulle oorspronklike saligheid nog oortref. Maar die vrye wil moet hierdie terugkeer tot stand bring, want eers dan het die wese heeltemal onafhanklik van My, van My mag en My Wil geword. En tog kan hy homself aan My Wil oorgee, omdat hy nou deur die bereikte volmaaktheid heeltemal in My Wil opgegaan het. Op hierdie weg terug tot My bevind u mense uself nou, wanneer u oor hierdie aarde gaan. En wanneer u van goeie wil is, kan My liefdeslig u weer deurstraal. U kan dan die insig weer terugwin wat u eens besit het, maar ewenwel vrywillig opgegee het.
Ek ken geen groter saligheid as om u hierdie kennis te laat toekom nie, as om u steeds weer My groot liefde aan te bied en u toestand, sonder lig en kennis te verander, sodat u weer tot onbegrensde saligheid kan kom. Sodat u u doel bereik en terugkeer as kinders na My toe, u Vader van die ewigheid, Wie se liefde oor u besorg is en vir ewig besorg sal wees, omdat u eens uit Sy liefde voortgekom het. AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205