Boek 28 - Die Geheim van Menswees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 26

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

DIE GOEIE EN DIE BOSE - DIE WET VAN DIE EWIGHEID
B.D. 3901 - 11 Oktober 1946
Ook die bose is deur My toegelaat, maar nooit volgens My Wil nie, want die bose is teenstrydig aan My wet van die ewigheid en is `n onware rigting van die wil wat van My af en na iets heeltemal goddeloos toe streef. Dus `n toestand, heeltemal teenoorgesteld aan die oertoestand van die wat deur My geskape is. Maar vir My geskapenes moet `n strewe na die goeie, sowel as na die bose moontlik wees, dus moet goed en kwaad bestaan, as die wese uit vrye wil volmaak wil bly of volmaak wil word.
Alles wat teenstrydig is aan My wet van die ewigheid is boos - en alles wat in My ewige ordening bly is goed. Dat die wese egter sy begeerte na beide kante in homself bespeur of kan ontwikkel is volgens My Wil, en dat hy elke verlange in sy hart kan waarneem, is ook My werk. My liefde en wysheid lê dit ten grondslag dat Ek die wese so geskape het, want Ek wil hom tot ewige saligheid voer wat egter as voorwaarde `n strewe na die goeie het, en wat `n vrye wil vereis.
Om krag te kan ontplooi, moet ook weerstand aanwesig wees, om goed te kan wees moet die mens dus ook die moontlikheid hê om sleg te kan wees en ook om goed te kan word of te bly, uit eie beweging. Want anders sou sy volmaaktheid suiwer `n werk wees van My liefde waaraan die hoogste graad van volmaaktheid sou ontbreek, omdat die vrye wil noodsaaklik is en vooraf beproef moet word. Die bose kan dus nooit goed genoem en as van My uitgaande voorgestel word nie, ofskoon Ek ook die bose ruimte gee, omdat Ek dit toegelaat het.
Kwaad dink, kwaad spreek en kwaad handel staan buite My Goddelike ordening. Sou Ek egter deur die krag van My Wil verhinder dat die mens kwaad kon dink, spreek en handel, dan sou hy geen selfstandige en selfwillende skepsel wees nie, maar slegs `n produk van My Wilskrag, wat nooit aanspraak kon maak op volmaaktheid nie. Ek wil My volmaakte skepsels egter vorm wat Ek met My liefdeskrag kan deurstraal, dus bomatig salig maak. Maar daartoe moet hulle die beproewing van hulle wil deurstaan om uit eie beweging, met `n heeltemal vrye wil, na die hoogste graad van volmaaktheid te strewe. Maar dit gee ook die moontlikheid om te kan wegsink in `n toestand van onvolmaaktheid, die grootste verwydering van My.
My Wil is goed en bly goed tot in alle ewigheid, en wat homself vrywillig aan My Wil onderwerp, sal goed wees en ook bly. Wat egter teen My Wil in handel wend homself tot die bose, en Ek verhinder dit nie. Maar hy beroof homself van sy volmaaktheid en deurstaan nie die beproewing van die wil nie; hy moet, wanneer hy weggesink het, ook in die diepste diepte weer omhoog strewe in sy vrye wil. Maar daarvoor het hy `n eindelose lang tyd nodig om weer die graad van volmaaktheid te bereik wat nodig is vir My nabyheid.Daarom moet die wil speelruimte hê en dit moet teen die Goddelike ordening kan ingaan, wat Ek egter nimmer goed kan noem nie en wat ook nooit My Wil is nie. En daarom sal goed en kwaad vir solank bly bestaan, tot al die geestelike verlos is, dit wil sê, tot almal wat uit My voortgebring is die wilstoets afgelê het om uit vrye wil na die goeie en Goddelike te strewe. Tot hulle in vrye wil die weg na My gevind het, en as hoogs volmaakte wesens nou alle vreugde van die ewige saligheid kan geniet.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205