Boek 28 - Die Geheim van Menswees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 23

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

DIE VRYE WIL
B.D.7837 - 28 Februarie 1961
Slegs u wil is deurslaggewend of u die volmaaktheid op hierdie aarde gaan bereik. Dit gaan in die aardse lewe oor die vrye wilsbeslissing, - nie met betrekking tot aardse vrae of u houding tot aardse planne nie, maar dit gaan slegs om u siel wat korrek moet beslis welke Heer sy bo haarself verkies.
En tot hierdie beslissing mag die mens deur geen enkele kant gedwing word nie, want nooit kan `n vrye wil ontken word nie, ofskoon dit steeds van die kant van die mense gepoog word. Slegs die innerlike denke van die mens is deurslaggewend, en dit staan onder geen dwang nie. Daarom kan steeds maar net op die mens ingewerk word deur denkbeelde, gesprekke en gebeurtenisse van menigvuldige aard wat nou sy wil moet beïnvloed, en dit word geprobeer vanuit die Goddelike asook die godsvyandige kant, maar steeds beslis die mens self aan welke invloed hy wil toegee, want die wil van die mens is vry.
En daarom moet hy hom ook self verantwoord welke rigting hy sy wil laat opgaan, want ten behoewe van hierdie wilsbeproewing het die mens sy bestaan op aarde gekry, omdat die siel eenmaal die gevolge van haar wilsbeslissing moet dra.
Die mens kan in alle lewensomstandighede sy wil na God toe wend, maar hy kan homself netso aan die teenstander van God onderwerp. Nooit kan hy egter sy medemens, `n wêreldlike mag, God self, of Sy teenstander verantwoordelik hou vir sy wilsbeslissing nie. Dit is die saak van sy algehele vrye wil, welke rigting sy gedagtes opgaan, en of hy homself tot God of tot Sy teenstander wend.
Maar steeds is sy lot so deur God opgelê dat hy God maklik kan vind, as hy Hom maar geen innerlike weerstand bied nie, wat dus deur sy vrye wil bepaal word. Die mense is egter geneig om `n vrye wil te betwis, omdat hulle nie altyd kan realiseer wat hulle wil nie, maar dit gaan nie oor wat hulle doen nie, maar oor wat hulle wil. Want tot die doen kan hulle deur die inwerking van geestelike kragte gehinder word, maar nooit egter tot die wil self nie.
En daarom moet die mens teenoor homself kritiek uitoefen vir welke rigting sy wil homself uitspreek, want hy weet dat dit in die aardse lewe van hom gevra sal word om homself tot God te keer. Want God laat hom altyd weer sulke aanwysinge toekom, sodat hy nie heeltemal sonder kennis deur die aardse lewe gaan nie. Omdat hy egter ook deur die teenstander van God beïnvloed word, sal dit nie uitbly dat hy moet nadink nie, en hy sodoende al tot `n beslissing gedwing word.
Dit is dus die stryd tussen lig en duisternis wat die mens self sal moet beslis, wat ewenwel sonder die vrye wil van die mens nie denkbaar sou gewees het nie. Want anders sou die stryd slegs tussen die positiewe en die negatiewe kragte gevoer word, waaruit dan `n krag as oorwinnaar tevoorskyn sou kom. Maar so is die stryd tussen "lig en duisternis”, nie te verstaan nie, want dit gaan oor die siel van die mens en sy beslis oor haarself in vrye wil.
Daarom is die aardse lewe vir die mens `n ononderbroke aaneenskakeling van gebeurtenisse, van ervaringe en indrukke wat hom tot nadenke aanspoor en hom ook in die goeie rigting kan laat dink.
Maar omdat ook aan God se teenstander die reg gegee is om vir die siel te veg, word haar gedagtes ook negatief beïnvloed en moet sy `n beslissing neem. En die sterkte van weerstand teen God is beslissend vir die lot van die siel na haar liggaamlike dood, `n lot wat bomatig salig, maar ook `n buitengewone kwelling kan wees.
Maar hoe sy wil homself ookal rig, die liefde van God gee nooit `n siel op nie. En bereik sy haar bestemming nie in die aardse lewe nie, dan vertraag sy wel haar verlossing `n eindelose lang tyd - maar eenmaal sal haar wil reg beslis. Want die liefde van God is `n krag waarteen die siel haarself nie vir ewig kan verset nie.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205