Boek 28 - Die Geheim van Menswees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 35

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

GOD SE LIEFDESTEKEN
B.D.5961 - 19 Mei 1954
Laat u gevange neem deur My liefde en u sal vry word van hom, wat ontbloot is van alle liefde en u daarom van My liefde wegtrek, wanneer u na hom luister. My liefde omsluit u weliswaar met `n vaste band en bind u as`t ware vas aan My, en tog sal u hierdie ketting in vreugde en geluksaligheid verdra en dit self nie meer wil losmaak nie. U sal uself aan My as u God en Heer onderwerp en in My ook u Vader erken wat u vrywillig tegemoet kom om ook u liefde aan My te betuig.
Die ketting van My liefde is geen dwang vir u nie. U sal uself weliswaar vir ewig nie meer van My Wil verwyder nie, maar is tog heeltemal vrye skepsele. - U is My "kinders" wat na My toe kom as erfgename van die Vader en dus met My kan werk om skeppend salig te wees. Want Ek omsluit u ook nie teen u wil met die ketting van My liefde nie. Ek wag tot u uself laat bind - tot u self met aandrang na My toe kom, sodat Ek u kan vasgryp om u nooit meer te laat gaan nie.
Omdat u egter wil dat u met My verbonde is en bly, spreek Ek u aan, omdat Ek wil dat u My leer sien as u God en Vader, Wie se liefde aan u behoort sedert die begin, sodat u My ook self as Liefde sal sien. Want u moet My eers herken om dan ook na My toe te kom, en Ek sal u opheldering besorg, omdat dit nog donker is in u. Ek is nog so `n verborgenheid vir u oë dat u My nie kan herken nie en daarom ook geen verlange het na `n vereniging met My, totdat u oë `n sagte straling bemerk wat van My uitgaan en weldadig in u hart val.
Dan open u vir My die deur van u hart en u wil dan dat Ek binnetree. En dan verlang u reeds na My nabyheid en sal alles doen om My vas te hou. Dan neem My liefde u op en hou u gevange, en u is gelukkig en wil uself nie meer van My losmaak nie.
Laat u omarm deur My liefde en u is reeds op aarde al `n geluksalige skepsel. Tree bewustelik in verbinding met My en u sal vry word van die vyand wat u nie kan volg as u My nabyheid soek nie. Bedink dat reeds die verlange na My u vrymaak omdat Ek u dan self kan benader, en waar Ek is vlug My teenstander. `n Kwellende ketting werp u af en u gee uself graag oor aan My mag. U laat uself dan vrywillig bind en is bly oor die gevangeneskap, want in My liefde sal u nou ewig salig wees.
AMEN

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205