Boek 28 - Die Geheim van Menswees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

DIE SIEL SAL OES WAT SY GESAAI HET
B.D. 7656 - 26 Julie 1960
U mag u nie aan die bedrieglike gedagtes oorgee dat u vir uself skatte kan versamel vir u aardse lewe nie, want u sal dit weer baie vinniger verloor as wat u dit verwerf het. Ek waarsku u daarteen om na aardse goedere te strewe en u hart daaraan te heg, want Ek bewys u steeds weer hoe verganklik alles is wat aan die wêreld behoort.
Hoeveel tyd en moeite het u bestee om die skatte van die wêreld te versamel; en hoe selde dink u daaraan dat u dit nie kan behou nie en dit weer sal moet teruggee. Dat dit ook op een of ander wyse van u afgeneem kan word, as dit volgens My Wil is.
U kyk maar net na wêreldse dinge wat tog verganklik is, maar die onverganklike sien u egter nie. U sorg maar net vir die liggaam sonder om aan u siel te dink. Daarom gebruik u u lewenskrag verkeerd, want u gebruik dit slegs vir u liggaamlike welsyn en u berei vir u siel sonder beswaar `n onsalige lot in die ewigheid. U gee u siel gedurende die aardse lewe nie wat slegs nodig is vir haar volmaaktheid nie, maar u laat u siel gebrek ly en bedeel die liggaam oormatig sonder om ooit nut daarvan te hê.
Maar u aardse lewe kan van die een tot die ander dag beëindig wees, dan kom u arm en leeg aan in die Ryk hierna en u moet dan groot ellende ly. U moet eers daaroor nadink dat u nie u eie lewe in die hande het nie, en dat die lewe op die aarde vir u ook van korte duur kan wees. Dat die dood elke dag kan kom sonder dat u dit kan afwend.
U moet dus aan die "hierna" dink, maar u glo dat alles met u afgeloop is op die oomblik van u dood. U glo nie aan die voortlewing van u siel nie en dat die lewe na die dood dan gelyk sal wees aan u lewe op aarde, egter in ooreenstemming met u aardse lewenswandel en u besorgdheid oor die heil van u siel. En die ongeloof is ook die rede dat u elke dag gedagteloos laat verbygaan, dat u uself nie eenmaal afvra wat die doel en die sin van u aardse bestaan is nie. U is tevrede wanneer u uself aardse dinge verskaf waaraan u genoegdoening beleef, wanneer u u liggaam vertroetel en baie goedere versamel vir die toekoms. Maar u weet nie eens of u nog wel `n toekoms het nie.
Maar iedereen weet dat hy eendag moet sterwe, en die kennis moes u tog bewus gemaak het om u aardse lewe agtermekaar te kry. Dit gebeur egter nie, omdat die geloof u ontbreek; die geloof in `n God en Skepper, wat eenmaal verantwoording sal eis oor u aardse lewe. En omdat u nie glo nie, is u onverskillig, terwyl die uur van verantwoording kom - daarvan kan u almal verseker wees. U berou sal eens bitter wees wanneer u in die grootste armoede van gees verskyn in die Ryk hierna en dan tot die besef kom, wat u op aarde versuim het deur eie skuld.
Want dit is `n onverdiende barmhartigheid dat u uself op aarde mag beliggaam, en om hierdie barmhartigheid nie te benut nie, sal u siel eens bitter berou, omdat u dit nooit meer goed kan maak wat u versuim het nie. Ofskoon u in die Ryk hierna ook nog wel geholpe sal word om uit die diepte omhoog te styg, maar onder veel moeiliker omstandighede as wat dit op aarde moontlik is of was.
U mag dus nie so gedagteloos verder lewe nie, want vir elke mens kom die uur waarin hy die aardse liggaam moet verlaat en die siel die geestelike Ryk moet binnetree. Die uur kan groot saligheid en vreugde bring, of ook groot ellende en duisternis, maar steeds soos die mens dit self gewil het.
Hy sal oes wat hy gesaai het. Hy sal binnekom in die Ryk van lig en saligheid, of die ryk van die duisternis sal hom opneem en nie vrylaat voordat die siel haar instelling verander het om met liefdevolle ondersteuning die weg na omhoog te gaan nie.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205