Boek 28 - Die Geheim van Menswees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 25

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

WIL EN DAAD - VERANTWOORDING
B.D.2489 - 1 Oktober 1942
Die wil bring die daad voort en is dus die beslissende, ofskoon die daad eers die bevestiging is van die wil. Sonder die wil sal die daad nie tot uitvoering gebring word nie. Maar die wil moet ook sonder die daad al voor God verantwoord word, omdat dit die gesindheid openbaar van die mens, sy drang na die goeie of na die bose.
Om die wil te kan laat verwesenlik, moet die mens die toestromende lewenskrag vir homself benut, dan kan hy goeie, maar ook slegte dade volbring. Maar steeds sal hy daardie krag gebruik wat God self hom gegee het.
Begaan hy nou `n slegte daad, dan volbring hy dit met behulp van Goddelike krag en doen dus iets, waarvoor hy homself eendag voor God moet verantwoord. Hy het dan sy wil gebruik, om met die krag uit God, die krag van God se teenstander te vergroot, want elke slegte daad is in sigself `n oorgawe aan die bose mag en daarom ook `n vermeerdering van die mag. Die wil van die mens het homself dan van God afgewend en wend homself tot die bose mag deur elke daad wat teen God gerig is, en sodoende die bewys is van `n slegte gesindheid.
As die wil van die mens goed is en God toegewyd, dan sal hy die toestromende lewenskrag aan hom steeds gebruik vir dade wat vir die medemens tot nut is. En hy sal homself in dienende naasteliefde oefen, omdat hy dan sonder ophou werksaam is, dit wil sê, sy wil tot daad laat word. En as sy dade uit die liefde gebore is, dit wil sê, waar die liefde die wil van die mens aanspoor, dan is die wil van die mens na God toe gewend.
Dan het die wil uit eie beweging vir God beslis en elke daad wat uit hierdie wil voortkom is vir God geregverdig, want God beoordeel hierdie daad ooreenkomstig ons liefdesbereidheid.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205